Bid vir die werk van Bybel-Media
en Lux Verbi.BM
2002

SONDAG

1. Strategiese bestuur

Bybel-Media en Lux Verbi.BM word beheer deur direksies wat toesig hou oor die bestuur en amper 100 personeellede wat die werk doen.

2. Groothandel en kleinhandel

Lux Verbi.BM het 18 boekwinkels landwyd, en ook Christen-Direk, 'n posboekwinkel, asook Kruisgewys, 'n boekklub vir kerkleiers. Hulle voorsien ook Christelike media aan baie ander boekwinkels.

MAANDAG

3. Toerusting van gelowiges

Bybelkor produseer al meer as 30 jaar studiegidse in tot agt tale om lidmate vir hulle roeping toe te rus. Lux Verbi.BM produseer ander Christelike boeke.

4. Redaksie en produksie

Die redaksie- en produksiespanne hanteer ongeveer 150 nuwe titels elke jaar.

DINSDAG

5. Hugenote-Bybelinstituut

Die HBI voorsiening 'n verskeidenheid van kursusse op na-matriekvlak in samewerking met die Hugenote-Kollege en die Universiteit van Pretoria.

6. Nehemia-Bybelinstituut

Die NBI voorsien praktiese afstandsopleiding vir die duisende kerkleiers wat nog nie teologiese opleiding ontvang het nie.

WOENSDAG

7. Gevangenisbediening

Duisende gevangenes doen tans Bybelstudie met die hulp van Bybelkor-gidse.

8. Pastorale raadgewing

Honderde mense skryf elke jaar aan Bybelkor om raad te vra. Bybel-Media se span raadgewers beantwoord hierdie briewe vertroulik in agt verskillende tale.

DONDERDAG

9. Goeie Nuus Media

GNM reik uit na mense wat nog nie kan lees nie. Hulle stel Christelike media op kasset en deur prente beskikbaar in altesaam 5200 tale wêreldwyd.

10. Internetbediening

Bybel-Media bedryf tans drie webwerwe om die evangelie uit te dra en gelowiges op te bou, en is ook 'n aandeelhouer in C-Web.
http://www.bmedia.co.za
http://www.cmn.co.za
http://www.kruispad.co.za
http://www.christene.co.za

VRYDAG

11. Ontwikkeling

Bybelkor se bedienings is alleen moontlik met die steun van duisende donateurs.

12. Administrasie

Al die verskillende maatskappye en bedienings gebruik dieselfde infrastruktuur om onnodige kostes te bespaar.

SATERDAG

13. Elektroniese Media

Mema-Media produseer video's, CD's en ander elektroniese produkte om die evangelie in verskillende tale uit te dra en die toerusting van gelowiges te fasiliteer.

14. Buitelandse aksies

Biblecor India versprei die evangelie vanuit Chennai (Madras) oor die hele Indië. Hulle hanteer maklik 'n duisend briewe per dag, in 18 tale! Tienduisende Indiërs het al deur hierdie bediening die Here Jesus begin volg ten spyte van baie vervolging. In Sri Lanka ervaar Biblecor Lanka dat die meerderheid studente soekende Buddhiste is.

Posadres: Posbus 5, Wellington 7654
Tel: 021-864-8200 Faks 021-864-8282
E-pos: bmedia@mweb.co.za

Terug na CMN se Bybelstudiegids