CMN
Bid03

Studie 3

Die volheid van gebed

Kom ons bid nou in ons klein groepies saam en vra die Here om ons te leer om die volle vreugde van gemeenskap met Hom te ervaar.

In ons vorige studie het ons ontdek dat 'n kragtige gebedslewe baie belangrik is, nie net vir onsself nie, maar ook vir ons hemelse Vader. Hy het 'n spesiale plek vir ons gebede gemaak in sy volmaakte plan met hierdie w�reld. In hierdie studie wil ons begin ondervind wat ware gebed is. Wees dus gewillig om foute te maak. Dis die beste manier om te leer.

Wanneer die meeste mense aan kragtige gebed dink, dink hulle aan iets soos 'n inkopielys. Hulle meen 'n mens gaan net na God toe wanneer jy iets nodig het. Dan bestel jy net by God wat jy alles wil h�, en jy kry dit.

Gebed is egter baie meer as net 'n vra-sessie. Dit is die daaglikse ontmoeting met 'n lewende Persoon. Dit is 'n tyd van liefdesgemeenskap met ons hemelse Vader.

Ons kry verskillende soorte gebede in die Bybel. Kom ons ondervind iets van elke soort. Ons deel weer op in ons klein groepies van drie of vier elk.

1. Word stil voor God

"Nader tot God, en Hy sal tot julle nader" (Jak. 4:8).

Ons moet eerste van alles seker maak dat ons met die regte Persoon te doen het. Ons ou vyand, die Satan, skroom nie om selfs ons binnekamer te infiltreer nie. Pasop vir dinge soos Joga en Transendentale Meditasie wat jou oopstel vir bose be�nvloeding. As ons bid, het ons met die Drie-enige God te doen, nie met die mense rondom ons nie.

Kom ons word dus nou baie stil en konsentreer op God. Wag totdat jy van sy teenwoordigheid bewus word. Die heilige, almagtige God is hier om ons te ontmoet en om ons te leer om met Hom te verkeer. Vergeet van die ander mense rondom jou. Moenie nou iets van Hom vra nie. Aanbid Hom net in stilte vir Wie Hy is. Luister na Hom. Wat s� Hy diep in jou hart vir jou? (Tyd vir stil gebed.)

Daarna sing ons saggies saam:
"God is hier teenwoordig;
laat ons biddend nader,
hier waar ons voor Hom vergader.
God is hier teenwoordig.
Heilig is die Here,
buig in stilte, Hom te ere.
Wie Hom roem, wie Hom noem
Heer en Hemelvader,
kom nou almal nader!"
(Ges. 311:1.)
 

2. Aanbid en loof die Here

Maak nou jou Bybel oop by Psalm 145.

Dit is 'n lofpsalm. Hierdie psalm gaan ons nou help om God te aanbid en te loof. Ons gaan nog nie iets vra nie. Bid nou hierdie psalm in jou eie woorde. Elkeen in die groepie neem net een versie op 'n slag. S� dan die gedagte in daardie vers aan die Here in jou eie woorde, terwyl die ander groeplede saggies saamstem. Elkeen sal verskeie beurte kry. Moenie haastig wees nie. Moenie bang wees vir tydjies van stilte nie. Ons is nou met die Here besig. Nadat julle die hele psalm deurgebid het, kan julle net stilbly. Sodra ons hoor dat almal klaar is, sal ons voortgaan. Die meeste van die psalms en gesange wat ons in die erediens sing is deel van hierdie aanbidding en lofprysing. Daarom moet ons bedoel wat ons sing. Kom ons sing byvoorbeeld Gesang 10:

"Grote God, aan U die eer!
Heerlik is waar U regeer;
hemels is u majesteit;
heilig u geregtigheid.
U wat alles onderhou,
U is ewig en getrou.

"In genade, groot en ryk,
bou U Heer, u koninkryk.
Voordat ek kon kies, kon vra,
het u Seun my vloek gedra.
Ek kon vind: U't my gekry
voor ek nog my skuld bely.

"U, oor alles God en Hoof,
open o� van geloof
dat ons sien, geen goed of kwaad
word aan toeval oorgelaat:
Bokant ons begrip, verstand,
hou U al wat is in stand."
 

3. Selfondersoek en skuldbelydenis

Daar is net een ding wat skeiding kan maak tussen God en ons. Dit is nie afstand nie, maar sonde.

Die Woord van God verduidelik dit so:

"Die arm van die Here is nie te kort om te help nie
en sy oor is nie te doof om te hoor nie.
Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God,
dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie
en nie na julle wil luister nie."
(Jer. 59:1-2.)

Sodra ons dus bewus raak van die teenwoordigheid van die lewende, heilige God, raak ons ook van ons eie sondigheid bewus.

Kom ons bid dus soos Dawid:
"Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
ondersoek my, sien tog my onrus raak.
Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie
en lei my op die beproefde pad!"
(Ps. 139:23-24.)

Terwyl ons nou weer stil raak voor die Here, kan ons kyk of die Here ons nie bewus maak van een of ander sonde wat ons nog nie voor hom bely het nie. Dan neem ons tyd vir een-sin gebede waarin ons daardie sonde voor Hom bely. Dit is nie nodig om die sonde se naam voor jou groeplede te noem nie. Die Here weet wat jy bedoel. (Tyd vir skuldbelydenis.)

Nou sing ons saggies uit Gesang 244:

"Heiland, as in ootmoed stil
ons afhanklik voor U kniel
en berouvol na omhoog,
tot U rig die hart en oog -
o, waar U soveel moes ly
om van skuld ons te bevry:
skenk ons die vergiffenis
op ons skulderkentenis!

"Jesus, al is ons ontrou -
U bly altyddeur getrou!
Wanneer ons ons skuld bely,
maak U ons in waarheid vry.
Nooit pleit 'n gebroke gees
om versoening tevergeefs.
U skenk die vergiffenis
op ons skulderkentenis!"

4. Danksegging

Dit is vir die Here belangrik dat ons altyd moet onthou om Hom te dank vir al die se�ninge wat Hy ons gee. Dink maar aan die geskiedenis van die tien melaatses in Luk. 17:11-19. Kom ons maak nou gou in ons groepies 'n lys van al die sake waarvoor ons God kan dank. Dan gee ons geleentheid om Hom dankie te s�.

Voor ons daarmee begin, lees ons eers 1 Tess. 5:18.
Wanneer moet ons dankbaar wees? _________________________________
Hoekom? _________________________________________________________
Sluit dit ook teleurstellings in? _______________________________
Hoekom? (Rom. 8:28.) ____________________________________________

Elkeen s� net dankie vir een ding op 'n slag. Dit kan ure neem, daarom sal ons voorganger n drie minute op die tafel klop sodat ons hierdie keer moet ophou voordat ons klaar is. (Of hy/sy kan Gesang 5:1 saggies insit sodat al die groepe dan ook kan saamsing:

"Kom dank nou almal God
met hart en mond en hande;
loof Hom wat wonders doen
tot in die verste lande.
Van vroeg, van kindsbeen af,
het Hy ons trou bewaar
en tot vandag toe nog
gese�n en gespaar."

5. Voorbidding

Dit is so menslik om selfsugtig in ons gebede te wees. Die ou Eie Ek wil ook hier maar net sy eie belange soek. Die Here wil egter h� dat ons voorbidding moet doen vir alle mense (1 Tim. 2:1). In ons vierde studie gaan ons weer terugkom na hierdie onderwerp. Nou wil ons net eers "proe" aan hierdie belangrike onderdeel van ons gebedslewe.

Ons voorbidding moet meer wees as net iets soos "Here, se�n so-en-so." As die Here daardie gebed verhoor sal niemand dit agterkom nie. Nee, ons moet spesifieke gebede opstuur, soos die gemeente in Hand. 12 wat vir Petrus daar in die gevangenis gebid het. Hulle gebede is ver bo hulle eie verwagting verhoor.

Elkeen kan nou vir die persoon wat regs van jou sit vertel watter spesifieke saak in jou lewe voorbidding nodig het. Dan gee ons tyd sodat jy vir die persoon aan jou linkerkant vir daardie spesifieke saak kan bid, terwyl die ander lede van die groepie saggies saamstem.

Laat elkeen nou dink aan iets of iemand buite hierdie vertrek wat ook voorbidding nodig het. Dink aan presies wat daardie persoon se behoefte is, en bid vir hom of haar in julle groepie.

6. Persoonlike versoeke

Nou eers gaan ons tyd maak vir dit wat normaalweg eerste kom in ons gebede: ons eie persoonlike versoeke. Ons kan hierdie gebede indeel onder drie hoofde:

6.1 Liggaamlike behoeftes
6.2 Geestelike behoeftes
6.3 Behoeftes aan leiding

Dit is heeltemal in orde om jou liggaamlike behoeftes na die Here te neem. In die Ons Vader het die Here Jesus ook sy dissipels eers geleer om te bid vir hulle daaglikse brood voordat hulle selfs vir skuldvergiffenis gevra het (Matt. 6:11-12). Pas tog net op vir selfsugtige gebede (let op die "ons" in daardie versoek). Selfsug is die wortel van alle sonde, van die tyd van Adam en Eva af tot nou toe, en dit verhinder gebedsverhoring, al vra jy ook vir goeie dinge (Jak. 4:3).

Jy kan ook met vrymoedigheid jou gesondheidsprobleme na die Here toe neem. Hy het die krag om jou ten volle te genees. Hy sal dit ook doen, met of sonder medisyne, sodra Hy sy doel met daardie siekte bereik het. Die enigste uitsondering is wanneer Hy 'n groter en heerliker doel met ons lyding het (1 Pet. 4:19). So het Paulus dikwels vir ander se genesing gebid, maar in sy eie geval was die genade van die Here genoeg (2 Kor. 12:7-10). Vertrou Hom dus om die heel beste besluit te neem, al kan ons nie nou al die rede vir teleurstellings verstaan nie.

Ons hemelse Vader verlang sterk dat elkeen van sy kinders moet groei en sterk word. Vir gesonde ontwikkeling is gereelde Bybelstudie, gebed en gehoorsaamheid baie nodig. As ons dus in ons persoonlike gebede onsself onvoorwaardelik aan die bestuur van die Heilige Gees oorgee, doen ons presies wat die Here van ons verlang (Gal. 5:16,25). Hy is bly as ons vra om geestelik te groei, want dit gee ons krag in gebed. Onthou Joh. 15:7:

"As julle in My bly en my woorde in julle,
vra dan net wat julle wil h�, en julle sal dit kry."

God het 'n doel met elkeen van ons. Hy wil ons elkeen op 'n spesiale manier in sy kerk gebruik (1 Kor. 12:27). Daarom het Hy ons gevorm en toegerus met besondere ondervinding en gawes, ook gawes van die Heilige Gees (1 Kor. 12:7). Hy wil ons dus lei om die regte besluite te neem sodat ons ten beste ons rol in sy kerk kan volstaan. Om sy wil vir ons te ken, moet ons in die eerste plek sy woord leer ken, maar terselfdertyd ook vir Hom leer ken deur daaglikse gemeenskap met Hom.
 

Opdrag

Maak in julle groepie 'n lys van die vrae wat julle nog oor gebed het. Maak dan die ander boekie (Antwoorde op gebedsvrae) oop en soek die vrae op. Dit sal heel waarskynlik daarin wees, want dit bevat die vrae wat die meeste oor gebed gevra word, in alfabetiese volgorde. Lees dit nou hardop en bespreek wat daar staan.

Die boekie sal natuurlik ook baie waardevol wees as 'n opvolgstudie van hierdie naweek se groepkursus.

Sodra ons tyd verstreke is, sing ons die "Ons Vader" saam om af te sluit.

(c) Bybel-Media 2002