CMN
Bid04

Studie 4

Doeltreffende gebedstye

 As gebed dan die magtigste krag op aarde is, en as God ons elkeen se gebede wil gebruik om sy w�reld te regeer, dan moet ons seker maak dat ons ons gebedstye ten beste benut. Die meeste van ons het reeds gesien dat ons gewone gebedstyd heeltemal te kort is. In hierdie studie gaan ons 'n paar praktiese metodes van doeltreffende gebedstye beproef. Daarna sal elkeen van ons kan kies watter metode vir ons eie omstandighede die beste is.

Die belangrikste ding is net: raak betrokke in 'n lewende gebedsaksie!

1. Jou eie gebedslysie

 As jy nie 'n gebedslysie gebruik nie, kan jy onmoontlik onthou vir wie jy moet bid. Dit veroorsaak ook dat jou gebede 'n rympie word van: "Here, se�n vir die en daai" sonder dat jy ooit die vreugde van gebedsverhoring ondervind.

In sy eenvoudigste vorm is 'n gebedslysie soos volg: Neem 'n gewone vel skryfpapier en vou dit in kwarte. Slaan 'n krammetjie of twee op die laaste voulyn en sny dan die buitekante oop. Nou het jy 'n klein boekie van agt bladsye wat in jou Bybel kan pas. Skryf op jou eerste bladsy: "Elke dag", en op elkeen van die oorblywende sewe bladsye die naam van een van die dae van die week. Op die eerste bladsy skryf jy nou die name van die persone of sake vir wie jy elke dag wil bid. Op die ander bladsye versprei jy die name van persone en sake vir wie jy minstens een maal per week wil bid. Onthou om plek te maak vir:
 

  • Jou leraar (Ef. 6:19)
  • Jou gemeente en kerkraad (Ef. 6:18)
  • Die regering van ons land (1 Tim. 2:1-2)
  • Medegelowiges (Ef. 6:18)
  • Jou persoonlike vyande (Matt. 5:44)
  • Ons land (2 Kron. 7:14)
  • ns land se vyande
  • Jou sendeling (Kol. 4:2-3; 1 Kor. 3:6; Matt. 9:38; 2 Tes. 3:1)
  • Die ander kerke en gemeentes op jou dorp

 Bid dan elke dag volgens jou lys. Besluit presies wat jy vir elke persoon of saak moet vra. Dit doen jy deur eers vir die Here te vra wat jy moet bid, sodat jy volgens die wil van God kan bid.

2. Die gebedsalmanak

 Koop 'n skryfboek wat uit 32 bladsye bestaan: een vir elke dag van die maand, en een vir "elke dag". Op elke bladsy is daar twee kolomme: Versoek en Antwoord. Aan die linkerkant skryf jy kortliks neer wat jy vir daardie persoon of saak bid, tesame met die datum waarop jy begin het om daarvoor te bid. Aan die regterkant teken jy aan hoe en wanneer die gebed verhoor is. Dit sal jou help om spesifiek te bid, dit sal jou geloof versterk wanneer jy sien dat God ook jou gebede beantwoord, en dit sal jou leer hoe God gebede beantwoord.

3. Die voorbidders-almanak

 Ons gee jou ook 'n voorbeeld van 'n voorbidders-almanak. Dit is die kaartjie wat jy in jou stel gekry het. Voor ons daarna kyk, gaan ons eers ons groep opdeel in sewes. Ek begin hier links dan gee ek aan elkeen die naam van een van die dae van die week in volgorde. Het elkeen nou 'n dag van die week? Op daardie dag is dit jou verantwoordelikheid om vir ons gemeente te bid. Neem nou jou voorbidders-almanak (die klein kaartjie) en vul jou naam en jou dag van die week aan die bokant in. Op daardie dag gaan jy bid vir ons gemeente. Kyk net waarvoor is voorbidding nodig (vul die regte name in):

Jou leraar(s): __________________________________________________
(Vir gesondheid, geestelike groei, gesondheid, ywer, gesinslewe)
Jou ouderling: __________________________________________________
Jou diaken: _____________________________________________________
Die ander kerkraadslede _________________________________________
Die kerkraadskommissies _________________________________________
Die jeugwerk (kategese, JKJA, SKJA, BKJA, ACSV) _________________
Die meelewende lidmate __________________________________________
Die ontbetrokke lidmate__________________________________________
Die kerklos lidmate _____________________________________________
Die kerkloses in ons omgewing ___________________________________
Ons sendingaksie: _______________________________________________
Die ander kerke en gemeentes in ons omgewing ____________________

Ons kan nie verwag dat daar iets goeds in ons gemeente of die w�reld kan gebeur sonder die nodige voorbidding nie. As ons egter gereeld bid, kan ons onsself gereed maak vir 'n besondere werking van God se Gees.

'n Ander tipe voorbidders-almanak strek oor 31 dae. Elkeen van 'n groep van 31 persone (of meervoude daarvan) neem verantwoordelikheid vir een dag van die maand. Daar is byvoorbeeld so 'n groep wat gereeld vir Bybelkor se werk voorbidding doen. Sodra jy 'n Bybelkor-kursus gebruik, kan jy weet dat daar vandag iemand iewers in die land is wat vir jou bid. Agterop die kaartjie met die gemeentelike voorbidders-almanak kry jy Bybelkor se se maandelikse voorbidders-almanak. As die Here dit op jou hart l� om ook hieraan deel te neem, kan jy net eenvoudig aan Bybelkor skryf, dan sal 'n datum aan jou toegeken word.

Ek,_____________________, bid elke maand op die ____e dag van die maand vir Bybelkor se werk:

  • Vir almal wat tans met Bybelkor-kursusse besig is, dat hulle vandag 'n lewende ontmoeting met die lewende Here sal ervaar;
  • Dat elke lidmaat elke jaar minstens een Bybelkor-kursus sal deurwerk;
  • Dat kursusse in ander tale vandag op groot skaal versprei en met groot se�n gebruik sal word;
  • Vir elke personeellid van Bybelkor, vir geestelike groei, gesondheid, bewaring en wysheid;
  • Vir elkeen wat tans help in die saamstel van 'n nuwe kursus, vir eie geestelike toerusting en die inspirasie van die Heilige Gees;
  • Vir al die finansies wat vandag nodig sal wees vir di� werk;
  • Vir 'n honger na die Woord by gelowiges en ongelowiges;
  • Dat leraars en kerkrade van alle kerke 'n visie vir hulle toerustingstaak (Ef. 4:11-12) moet kry.

4. Die Voorbidders-horlosie

 'n Meer intensiewe vorm van die voorbidders-almanak kan met groot vrug gebruik word wanneer spesiale projekte aan die gang is. Daarvoor is minstens 96 persone nodig. Elkeen neem dan verantwoordelikheid vir een spesifieke kwartier uit elke dag of nag. Op hierdie manier is daar 'n ononderbroke stroom gebede wat dag en nag opgestuur word oor daardie spesifieke saak, soos die wierook en gebede van Op. 8:3-4 wat die aarde laat skud het.

5. Die gebedsimfonie

 In baie stede en dorpe van ons land is daar reeds gebedsimfoni� (Engels: Concerts of Prayer) in werking. Die ietwat ongewone naam kom uit Matt. 18:19-20 waar die Here Jesus praat oor die krag van gebede as gelowiges saamstem oor enige saak. Die Griekse woord vir "saamstem" in die oorspronklike teks is die woord waar die begrip "simfonie" vandaan kom. In die boek Concerts of Prayer van Dave Bryant word hierdie w�reldwye verskynsel breedvoerig bespreek. Dit kom daarop neer dat 'n groep gelowiges van verskillende gemeentes, kerke en/of taalgroepe gereeld, gewoonlik maandeliks, bymekaar kom om vir herlewing te bid. 'n Klein re�lingskomitee van verteenwoordigers van verskillende kerke beplan elke byeenkoms vooruit. Die byeenkoms duur gewoonlik twee uur of langer, soos ooreengekom. (Dit voel gewoonlik gans te kort!)

Vir die eerste uur bid ons vir herlewing in die kerk van die Here Jesus, oftewel die opbou van die kerk. Daarom gaan iemand voor met baie kort Bybelstudie, of vertel van 'n herlewing in die verlede. Die teenwoordiges verdeel dan in klein groepies van vier, soos ons die afgelope dae gedoen het, en bid dan vir die kerk, plaaslik en in die res van die w�reld. Net soos die klanke van 'n groot orkes verskil, maar saam een groot simfonie vorm omdat hulle dieselfde musiekstuk speel, so kry ons een groot gebedsimfonie omdat al die groepe gelyktydig vir dieselfde sake bid. Die tweede uur word weer afgesonder vir voorbidding vir die uitbou van die kerk. Dan bid ons besonderlik vir die meer as 16 000 volke en volksgroepe (meer as twee duisend miljoen mense) in die w�reld vandag wat geen kerk in hulle midde het nie, en die twee derdes van die w�reld se bevolking wat nie eens naamchristene is nie. As inleiding vertel iemand van een of ander volksgroep of land, en gee 'n paar spesifieke gebedsonderwerpe vir daardie land. Dit is goed om sendelinge uit verskillende w�relddele te vra om hierdie deel toe te lig. 'n Ander bron van sendinginligting is die boek Operation World van Patrick Johnston. (Indien u probleme het om die bogenoemde twee boeke by u plaaslike boekwinkel te kry, kan u skryf aan: Die Direkteur,
Andrew Murray Sentrum, Posbus 263, Wellington 7654.) Die volgende tabel help ons om vir elke aspek te bid:

 

OPBOU

UITBOU

Lof

Plaaslik

Plaaslik

W�reldwyd

W�reldwyd

Bely

Plaaslik

Plaaslik

W�reldwyd

W�reldwyd

Vra

Plaaslik

Plaaslik

W�reldwyd

W�reldwyd

 Aangesien die teenwoordiges gewoonlik uit verskillende kerklike tradisies kom, moet ons gereed wees om mekaar te aanvaar waar ons ons gebedslewe verskillend belewe. Daar is wonderlike kinders van die Here in die verskillende taalgroepe en kerkgenootskappe, en by die gebedsimfonie leer ons mekaar ken en liefkry. Die liedere wat ons sing moet voorsiening maak vir die tale wat verteenwoordig word, en moet liefs op truprojektor-transparante wees sodat almal kan saamsing, aangesien ons gesangboeke verskil. Dit is goed om die laaste kwartier van die byeenkoms af te sonder vir sake wat die teenwoordiges self voor voorbidding vra, of vir verslae van gebedsverhorings.

6. Die telefoon-gebedsketting

 In baie gemeentes is daar reeds telefoon-gebedskettings in werking, na aanleiding van die boek When Women Pray van Evelyn Christenson. Ons kan dit beskryf as 'n groepie voorbidders wat op gere�lde voorafbepaalde tye per telefoon met mekaar skakel met gebedsonderwerpe en -antwoorde. Elke leraar of Christen-leier het so 'n groep voorbidders nodig om hom te ondersteun. Die telefoonketting moet verkieslik nie meer as tien lede h� nie. Indien die getal te groot word, moet hulle verdeel. Elke ketting het 'n voorsitter of anker. Dit is iemand wat betroubaar is, en wat die gawe het om iets kort en kragtig te stel. Hy of sy versamel die gebedsonderwerpe en skryf dit in kort, eenvoudige sinne neer. Dit is nodig om te kan onderskei tussen 'n versoek en 'n antwoord - met ander woorde, moenie aan die Here voorskryf hoe Hy aan die behoefte moet voldoen nie. Elke dag, op die voorafbepaalde tyd, s� nou maar halfsewe in die oggend, bel die anker vir nommer twee op die lys. Elkeen het 'n notaboek langs die telefoon. Hy of sy dikteer dan vandag se versoeke, en Nommer Twee skryf dit woord vir woord af op die linkerkantse helfte van die bladsy, tesame met vandag se datum. Sodra hulle die telefoon neersit, begin Nommer Een dadelik vir die onderwerpe voorbidding doen terwyl Nommer Twee vir Nommer Drie skakel en die gebedsonderwerpe dikteer. Sodra daardie oproep afgehandel is, bid Nommer Twee vir die sake terwyl Nommer Drie vir Nommer Vier skakel, en so af in die ry. Onthou net, elke deelnemer moet weet dat hierdie gebedsonderwerpe heeltemal vertroulik is. Dit mag nie 'n bron van skinderstories word nie. Waar vir persone gebid word, moet daardie persoon verkieslik toestemming gee. Dit is baie belangrik dat julle ketting vertrou moet kan word. Daar kan ook 'n noodlyn wees vir krisisse wat skielik opduik. Op di� manier kan dosyne mense binne 'n paar minute aan die bid wees vir daardie besondere saak. Dit is uiters belangrik om ook gereeld verslag te doen van wat in antwoord op die gebede gebeur het, sodat die lede God kan loof vir sy goedheid. Die antwoorde en die datum word dan op die regterkantse helfte van die bladsy langs die versoek geskryf.

7. Drielinge

 Hierdie is ook 'n begrip wat Mev. Christenson in haar boeke w�reldbekend gemaak het. Dit bestaan daarin dat drie gelowiges gereeld (weekliks) bymekaar kom om vir die bekering van ongelowiges te bid. Elkeen bring dan die name van drie persone. Die drie bid dan vir daardie nege name totdat hulle almal tot bekering gekom het. Wanneer iemand tot bekering kom, kan hy of sy ook by 'n drieling ingeskakel word en 'n nuwe naam word by die oorspronklike lysie gevoeg. Soms word so 'n groepie 'n lighuis genoem. John Wesley het destyds al opgemerk dat elke bekering teruggevoer kan word na 'n knielende figuur. God wil ons gebede gebruik in sy verlossingswerk. As jy nie vir daardie familielid, buurman of kollega bid nie, wie sal dan?

8. Gebedsbriewe

 Nee, ons praat nie hier van die kettingbriewe wat jy moet vermenigvuldig en na ander stuur anders sal die een of ander ramp jou kwansuis tref nie. Ons praat hier eenvoudig van die nuusbriewe wat die verskillende kerklike aksies en sendelinge of sendinggenootskappe uitstuur. Hulle is gewoonlik gratis te kry. Raak dus betrokke by die een of ander sendingaksie en vra hulle gebedsbrief aan. Hou dit dan by jou Bybel en bid gereeld vir die persone en onderwerpe in daardie nuusbrief. Bybelkor het ook so 'n kwartaallikse gebedsbrief, Die Drukkers-engel. Dit verskyn kwartaaliks en gee gebedsonderwerpe oor veral die kursusse wat in ander tale as Afrikaans beskikbaar is. Dit hou jou ook op die hoogte van die werk in Indi� en Sri Lanka. Skryf aan Bybelkor en vra om dit gereeld te ontvang.

'n Gereelde gebedsbrief, Jerigo Mure, is ook te kry by
Nupsa (Network for United Prayer in SA) in Afrikaans en Engels. Skryf aan hulle en word deel van 'n kragtige interkerklike gebedsaksie.

9. Gebedsmaatjies

 Ons almal het nodig om iemand te h� saam met wie ons gereeld kan bid. Dit is iemand wat ons ten volle kan vertrou. Die ideale persoon is jou eie lewensmaat. As hy of sy nie geskik is nie, kan dit ook 'n ander vriend of vriendin van dieselfde geslag as jy wees. Maak dan 'n vaste afspraak om saam tee te drink en saam te bid.

10. Gebedsontbyt

 Veral sakemanne is baie lief vir hierdie een. Op 'n vasgestelde oggend een of twee maal per maand kom julle by 'n hotel of restourant byeen, so 'n uur of wat voor werk. Re�l vooraf met die bestuur wat die koste en spyskaart sal wees (elkeen betaal vir homself). Vra ook vir 'n afgesonderde lokaal waar dit moontlik is. Sodra almal aan tafel is, vra iemand die se�n. Vra dan een minuut se stilte terwyl elkeen vir die Here vra waarvoor ons vandag voorbidding moet doen. Die ontbyt kan dan bedien word, en terwyl julle eet is daar geleentheid om sake te noem vir voorbidding, wat iemand dan so kou-kou aanteken. Gesels so min as moontlik, want almal moet hoor wat die gebedsonderwerpe is, en julle wil so veel tyd as moontlik aan gebed gee. Sodra almal klaar ge�et het, lees die skriba die lysie van sake, en dan gaan julle onmiddelik oor om daarvoor te bid. Besluit vooraf wie die laaste sal bid, sodat hy die een oog op die horlosie kan hou. Dit is natuurlik ook moontlik om die etery uit te skakel en dan voor kantoorure by iemand se kantoor of winkel bymekaar te kom.

11. Die gemeentebiduur

Hoekom is die gemeentebiduur so ongewild? (Neem tyd vir bespreking.) Die gemeentebiduur is deesdae tradisioneel nog 'n derde preek naas die twee van Sondag. Weinig tyd word aan werklike voorbidding bestee. Soms word hierdie tyd in baie gemeentes vir Bybelstudie of vir die Lidmaat-Toerusting-Program gebruik. Dit is baie goed, maar onthou dit is eintlik 'n BID-uur, nie 'n preek-uur en bid-drieminute nie! Om die gemeentebiduur as kragstasie van die gemeentebedrywighede te aktiveer, is dit seker nodig om spesifieke sake vir voorbidding te gee. As jy al die aanwesiges in klein groepies opdeel en die onderwerpe op die truprojektor of 'n swartbord aanteken, kry jy honderd-persent deelname. (Sien ook hofie 13 hieronder.) Minstens een biduur per maand behoort besonderlik aan w�reldevangelisasie gewy te word. Vra van die biduurgangers om met die verskillende sendingvelde te korrespondeer en die nuusbriewe aan te vra. Hulle kan dan tydens die eerste biduur van elke maand 'n kans kry om gebedsonderwerpe voor te l�. Op hierdie manier bly die hele gemeente op die hoogte van hulle sendelinge se behoeftes.Is dit nodig om te s� dat die bywoning van die gemeentebiduur vir alle kerkraadslede verpligtend behoort te wees? (Kan u aan 'n paar goeie redes dink waarom?)

12. Kleingroepbyeenkomste

 In die meeste gemeentes is selbyeenkomste, omgeegroepe en/of wyksbyeenkomste al 'n gereelde item op die gemeenteprogram. Die byeenkoms word gewoonlik deur die plaaslike ouderling of selgroepleier gelei. Dit neem gewoonlik die vorm van 'n informele Bybelstudiegeleentheid aan, en stof wat deur die leraar opgestel word, of van Bybelkor bestel is, word dan bespreek. Die kleingroepbyeenkoms is ook die ideale geleentheid om vir mekaar voorbidding te doen. Die wykslede ken mekaar en weet wie voorbidding nodig het. Julle kan ook daadwerklik hulp verleen wat dit nodig mag wees.

13. Informele gebedsgroepies

 Klein gebedsgroepies van twee of meer vriende het groot krag. In Matt. 18:19-20 belowe die Here Jesus dat Hy self ook sulke byeenkomste sal bywoon. Ons het die afgelope paar dae kort-kort hierdie tipe gebedsgroep beoefen. Gesels nou oor hierdie vrae in die groepies en rapporteer terug:

  1. Wat is die voordele van klein groepies?
  2. Hoekom het 'n mens meer vrymoedigheid om in klein groepies aan gebed deel te neem?

 Klein gebedsgroepies is die ideale manier om nuwe gelowiges in die vreugde van voorbidding in te lei. Evelyn Christenson noem die volgende belangrike wenke as jy wil h� dat julle gebedsgroepie moet groei:

S - Bid vir spesifieke sake waaroor julle ooreenkom.
O - Moenie skrik vir oop tydjies en stiltes nie, maar gee aan die Here geleentheid om met jou te praat.
E - Gebruik eenvoudige woorde en sinne sodat almal tuis kan voel.
K - Maak jou gebede kort, maar bid meer as een maal vir dieselfde saak. Dit help almal om hulle aandag by die gebed te hou.
E - Bid vir net een saak op 'n slag. As een groeplid vir alles bid, bly daar niks vir die ander oor nie.
R - Rapporteer gereeld terug, met die oog op danksegging.
S - Stem saam terwyl die ander bid.

14. Huisgodsdiens

 Huisgodsdiens is die ideale geleentheid om jou kinders te leer om hardop aan gebed deel te neem. Wyle ds. Affie Louw het ges� dat volwassenes wat nie die vrymoedigheid het om in die openbaar te bid nie, nooit geleer het om tydens huisgodsdiens te bid nie. Gebruik dus die wenke vir klein gebedsgroepies hierbo en skakel jou kinders ook by die gebedsaksie in. Hulle sal jou altyd dankbaar wees.

15. Raak betrokke

 Ons het nou gekyk na 'n hele verskeidenheid van maniere om by voorbidding betrokke te raak. Dit sal seker vir jou onmoontlik wees om aan al hierdie sake deel te h�. Maar kies minstens een, afgesien van jou persoonlike stiltetyd, en gaan daarmee voort. Jou gebede is ook nodig.

Kyk nou na die volgende voorneme, en onderteken dit as die Here dit op jou hart l�:

 

 

 W�reldwye gebedsaksie vir herlewing

Gebedsgelofte

 

 Deur die genade van God en tot sy eer, belowe ek om vir geestelike herlewing te bid. Daarom is dit vir my 'n ho� prioriteit om gereeld bidure by te woon waar vir die opbou en uitbou van die kerk van Christus gebid word. Wanneer ons so bymekaarkom, sal ek voorbereid kom om deur lofprysing, belydenis en voorbidding in te tree vir herlewing in ons eie gemeente en die res van die w�reld. Daarom sal ek in ons eie gemeente en die res van die w�reld oplet na die volgende tekens van gebedsverhoring:
 

  1. 'n Bewussyn van God se heiligheid en teenwoordigheid, wat lei tot
     
  2. die herstel van toewyding, eenheid, heiligheid en liefde in die kerk; wat lei tot
     
  3. die aktivering van die kerk se dienswerk, soos diens van barmhartigheid, evangelisasie, sending, dissipelskap en 'n soeke na geregtigheid; wat sal uitloop op
     
  4. 'n oorvloedige uitvloei van liefde, mense en finansies na die miljoene wat nog sonder Christus is.
     

 Omdat ek bewus is dat herlewing die gevolg van volhardende gebed is, en slegs daardeur gedra word, sal ek my beywer om ander ook aan te moedig om saam met my saam te kom om daarvoor te bid, en om hulle ook te nooi om aan hierdie ooreenkoms deel te h�.

Geteken: _____________________________ Datum: _______________

 

(c) Bybel-Media, Posbus 5, Wellington 7654 E-pos