CMN
Bid05

Vrae en antwoorde oor gebed

AANHOU

Hoe lank moet mens aanhou om vir iets of iemand te bid?

 Dit hang seker af van waarvoor jy bid. 'n Mens moet natuurlik eers seker maak dat jy vir die regte ding vra. Soms moet ons hemelse Vader vir ons nee sÍ omdat ons vir verkeerde goed vra. Dit is daarom altyd beter om te begin deur voor die Here stil te word en Hům te vra wat jy vir daardie persoon of saak moet bid.

As jy egter seker is dat daardie saak volgens God se wil is, dan moet jy aanhou totdat jy die antwoord kry. Ons lees byvoorbeeld in DaniŽl 10:2 dat DaniŽl vir drie weke lank gevas en gebid het. Aan die einde van daardie tydperk het 'n engel van die Here aan hom verskyn om die antwoord te bring. Dan lees ons in vers 12 dat die engel verduidelik dat DaniŽl se gebed reeds die eerste dag verhoor is, maar, sÍ vers 13, die antwoord is 21 dae vertraag deur 'n bonatuurlike stryd. Ek wonder soms of hy hoegenaamd die antwoord sou gekry het as hy na 'n paar dae moedeloos geword het en opgehou bid het.

Dit is egter belangrik om te ontdek dat God wil hÍ dat ons moet aanhou bid. Ons lees in Lukas 18:1:
``Jesus het vir hulle 'n gelykenis vertel om duidelik te maak dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.'' en dan vertel hy die storie van die arm weduwee en die onregverdige regter. Toe die weduwee aanhou, is haar versoek toegestaan. Hoeveel te meer sal die Here dit nie vir sy kinders doen nie.

Dit word vertel dat Moody 40 jaar lank vir die bekering van twee vriende gebid het. Een het eers net voor Moody se dood tot bekering gekom, en die ander eers daarna. Maar daardie gebede is verhoor. Ons kan dus maar met vrymoedigheid in die gebed volhard. Volhardende gebed kan werklik dinge verander.

* AFLEES

Kan ek 'n gebed aflees?

 Ja, solank jy bedoel wat jy sÍ. Onthou, die Here word nie beÔndruk deur ons mooi woorde en helder gedagtegang nie. Hy kyk na ons hart. Soms verhoor Hy selfs gebede wat ons nie weet hoe om dit in woorde uit te druk nie. Ons lees byvoorbeeld in Romeine 8:26-28:

``Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesÍ word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diť wat Hom liefhet, diā wat volgens sy besluit geroep is."

Ons kan dus sÍ dit is beter om liewer 'n eenvoudige en kort gebed uit die hart te bid, eerder as om iemand anders se uitgeskrewe gebed af te lees. In gebed gaan dit nie om wat die mense dink nie, maar om wat God dink. En Hy verhoor net gebede wat uit die hart kom. As jy self die gebed geskryf het, is dit natuurlik makliker om die gebed te bedoel.

 

Is dit dan reg vir 'n leraar om formulegebede te bid?

 Formulegebede is pragtige uitgeskrewe gebede wat opgestel is om by besondere geleenthede te pas. Sommige kerkgenootskappe maak meer daarvan gebruik as ander. 'n Voorbeeld is die gebede wat saam met die verskillende formuliere, soos byvoorbeeld by die doop of die nagmaal, gebruik word.

Om as gebed geklassifiseer te word, moet die gebed egter bedoel word. Dit help niks om die formulegebed af te rammel nie. Dit is nie 'n toorformule wat dinge laat gebeur omdat presies daardie woorde gebruik is nie. Die 1933-vertaling van Matt. 6:7 stel dit so mooi:

``En as julle bid, gebruik nie 'n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hulle baie woorde verhoor sal word."

Tog is dit interessant dat Jesus net nadat Hy teen ydele gebede gewaarsku het, voortgegaan het om die "Ons Vader"-gebed aan sy dissipels te leer. Daar is dus niks verkeerd om van so 'n hulpmiddel gebruik te maak nie. Moet tog net nie dink dat dit vir jou tot voordeel sal wees om dieselfde formule oor en oor op te sÍ nie.

Aan die ander kant is 'n geskrewe gebed 'n waardevolle hulpmiddel om ons te leer om reg te bid. As ons bv weet hoe Jesus gebid het, dan help dit ons om nie so selfsugtig te bid nie, maar om God se wil en sy koninkryk eerste te stel in ons gebede.

* ANDERS ANTWOORD

Hoe herken ek dit as God op 'n ander manier antwoord as wat ek gevra het?

 Ons moet seker maar leer om reg te bid. Dit beteken dat ons die behoefte voor die Here lÍ sonder om die antwoord aan Hom voor te skryf. Wanneer die behoefte vervul is, dan weet ons dat ons gebed verhoor is, al is dit op 'n ander manier as wat ons verwag het. Ek weet daar is mense wat sÍ dat as 'n mens byvoorbeeld vir 'n motor bid, dan moet jy sommer vir die Here sÍ watter kleur Mercedes jy wil hÍ. Ek kan egter nie daarmee saamstem nie. Dit klink vir my tog te baie na die selfsugtige gebede waarteen Jakobus 4 vir ons waarsku.

 

Hoekom antwoord die Here soms anders as wat ek vra?

 Dink jy ons kan ons liefdevolle hemelse Vader vertrou? Hy weet tog wat vir ons die heel beste is. Daarom antwoord Hy ons gebede soms met "ja", soms met "nee" en soms met "wag".
1. Soms kan Hy daardie gebed dadelik beantwoord, omdat dit volgens sy wil is. Johannes sÍ in 1 Johannes 5:15 dat hy weet dat hy kry wat hy van God vra, omdat hy weet dat hy volgens God se wil bid.
2. Ander versoeke sal ons moontlik kwaaddoen omdat dit nie volgens sy wil is nie, soos wanneer ons met selfsugtige motiewe bid. Ons lees in Jakobus 4:3: ``As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid; julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig".
3. 'n Derde soort gebed is een wat eers tyd nodig het voordat dit beantwoord kan word. Wanneer ons saad gesaai het, dan moet ons nie bid dat die plante m"re al sal vrugte dra nie. Daarvoor is tyd nodig. Net so ook met ons ander gebede. Miskien moet ons eers self verander, of miskien is die tyd nog nie ryp nie.
Selfs wanneer Hy in sy liefde vir ons ja kan sÍ, antwoord Hy soms op 'n heel ander wyse as wat ons verwag het. So lees ons in Handelinge 12 dat die gemeente volhardend en gelowig vir Petrus gebid het toe hy in gevaar gestaan het om doodgemaak te word. Maar toe hy aan die voordeur klop, was hulle stom verbaas (Hand. 12:16). God se antwoord was ver bokant hulle verwagting.

 

Hoekom sÍ God soms nee?

 As jou klein seuntjie met alle geweld met 'n vlymskerp mes wil speel, sal jy dit vir hom gee? Natuurlik nie. Jy weet tog dat hy homself net daarmee sal seermaak. Net so moet ons liefdevolle hemelse Vader ook soms vir ons nee sÍ, omdat daardie gebed nie vir ons goed sal wees nie. Vertrou Hom ten volle. Hy weet die beste: ``Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diā wat Hom liefhet, diā wat volgens sy besluit geroep is" (Romeine. 8:28).

* ANTWOORD AAN GOD

Hoe antwoord ek die Here as Hy met my uit sy Woord gepraat het?

 Net soos wat jy enigiemand anders sou antwoord.

  • - As die Here jou uit sy Woord troos, dan sÍ jy vir hom daarvoor dankie. Vee dan jou trane af en gaan voort om te doen wat Hy van jou verwag.
  • - As Hy jou vermaan het oor iets in jou lewe wat nie reg is nie, verwag Hy dat jy daardie sonde voor Hom moet bely. Dan moet jy voortgaan om reg te stel wat verkeerd is. Dit mag soms beteken dat jy ook aan iemand anders, of selfs in die openbaar, moet verskoning vra. Miskien moet jy iets gaan teruggee wat nie joune is nie, of daarvoor betaal. Ons moet nie net hoorders wees nie, maar daders. Lees Matteus 7:24-27 waar die Here Jesus hoorders en daders vergelyk met twee huisbouers, of Jakobus 1:22-25 in jou Bybel. Jakobus sÍ as mens nie reageer op God se weerd nie, is jy soos iemand wat in die spieŽl kyk of sy gesig vuil is, maar hy doen niks daaraan om dit te was nie.
  • - As Hy 'n besondere belofte aan jou gee, kan jy daarop staat maak. Ons lees in Jesaja 62:6-7:
     ``julle wat die Here aan sy beloftes moet herinner, julle moenie stilbly nie totdat hy Jerusalem herstel het..."
    Moenie weer twyfel nie. God is getrou. Herinner Hom net aan sy beloftes totdat die wonder gebeur.
  • - As jy iets gelees het waaroor jy die Here kan loof, doen dit dan. Prys Hom vir wie Hy is en vir sy magtige dade. Dank Hom vir wat Hy elke dag vir jou doen. En gebruik 'n slag jou gewone gebedslysie en, in plaas van iets te vra, kyk waarvoor jy alles by elke naam kan dankie sÍ. Dit sal jou gebedstyd 'n vreugde maak.
  • - As Hy vir jou die een of ander opdrag gee, dan verwag Hy dat ons daaraan gehoorsaam sal wees. Soos Samuel aan Saul verduidelik het: ``gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme". Die Bybel verduidelik keer op keer dat ons nie net hoorders van die woord moet wees nie, maar daders. Ons moet ons geloof elke dag uitleef.

 Om saam te vat: jou stiltetyd moet 'n gesprek tussen jou en die Here wees. Antwoord Hom op wat Hy vir jou sÍ, en kyk wat sÍ Hy vir jou in antwoord op jou gebed. Wees oop vir sy stem, al sÍ Hy iets aan jou waarvan jy nie hou nie.

* BEHOEFTE

Waarom het ek soms nie 'n behoefte om te bid nie?

 Dit is wanneer jou Eie Ek (jou sondige natuur) nog steeds jou lewe beheer (Gal. 5:17). Jou hele lewe draai om jouself. Sodra jy tot algehele oorgawe aan die lewende Here kom, ontdek jy dat jou eie behoefte tot gemeenskap met die lewende Here glad nie ter sake is nie. Wat wel belangrik is, is of H› verlang om met jůķ gemeenskap te hÍ.

Die Bybel leer ons baie duidelik dat die Here na gemeenskap met ons verlang. Daarom gebruik Hy woorde soos "bid gedurig" (1 Tessalonisense 5:17), "dat 'n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word" (Luk. 18:1), "bid gedurig by elke geleentheid" (Ef. 6:18).

Indien jy dus nie die behoefte voel om te bid nie, moet jy nogtans gaan bid. God is nie soos 'n brandblusser wat net vir noodgevalle bedoel is nie. Word stil voor die Here tot jy van sy teenwoordigheid bewus is. Bely dan jou koudheid en biddeloosheid aan Hom en vra Hom om jou te vergewe. Vra Hom om deur sy Gees die beheer van jou lewe opnuut oor te neem (Gal. 5:16, 25). Hy verlang om dit vir jou te doen.

* BELOFTE

Op watter gronde kan ek 'n belofte vir gebedsverhoring persoonlik toe-eien?

 Hierdie is 'n moeilike saak waaroor 'n mens nie 'n eenvoudige antwoord het nie. Daar is sommige sake waaroor die Here sy wil duidelik gemaak het.

1 Johannes 5:14-15 sÍ mos:
``En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets sĘ vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra."
As dit op my van toepassing is, kan ek weet dat daardie belofte vir my bedoel is en dat daardie gebed verhoor word.

Ons lees bv in 2 Pet 3:9:
"Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hÍ dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hÍ dat almal hulle moet bekeer."
As ek dus vir iemand se bekering bid, weet ek dat dit volgens God se wil is, en daarom kan ek die beloftes wat daaroor gaan, ook vir my toe-eien.

My eerste vraag is dus: Is daar 'n vaste belofte van God oor hierdie saak? Is dit iets waaroor Hy sy wil duidelik bekend gemaak het?

My tweede vraag moet wees: wat is die voorwaardes wat aan hierdie belofte gekoppel is?

Soms is dit dat ons ten volle aan God oorgegee moet wees, en dat ons sy wil in sy woord moet ken. So sÍ die Here Jesus in Johannes 15:7: "As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hÍ, en julle sal dit kry." Die belofte kan nie van die voorwaarde losgemaak word nie.

Dit is egter gewaagd om 'n belofte wat aan iemand anders in 'n spesifieke omstandigheid gegee is, sommer net so op jouself toe te pas. As 'n mens byvoorbeeld siek is en jy lees in 2 Konings 20:5: "Ek gaan jou gesond maak", dan moet ons onthou dat dit 'n woord was wat honderde jare gelede aan koning Hiskia gesÍ is, en nie noodwendig ook op ons almal van toepassing is nie, want anders sou Christene nooit siek geword het of gesterf het nie. Daar is egter baie mense wat getuig dat die Here sulke woorde wel buite hulle verband gebruik het om hulle geloof in krisistye te versterk. Waak dus teen die neiging om orals in die Bybel rond te soek na 'n versie wat ons eie wensdenkery sal bevestig. Dit is nie leiding nie, maar self-leiding en misleiding. Wees eers gewillig om God se wil vir jou lewe te aanvaar, maak nie saak wat die uitkoms is nie. Die derde belangrike ding is dus om te kyk in watter omstandighede daardie belofte gemaak is.

'n Mooi voorbeeld hiervan is waar die Satan probeer het om Jesus van die tempel se dak af te laat afspring op grond van 'n Bybelse belofte. Die Here Jesus het deur sy plannetjies gesien en hom aan 'n ander Bybelvers herinner wat die versoeking laat misluk het.

Sommige van die Here se beloftes is egter so algemeen dat jy dit met groot vrymoedigheid vir jouself kan toe-eien. Dink maar aan Johannes 3:16 waar die Here belowe dat elkeen wat in Jesus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hÍ.

Kom ons vat dus weer saam. As jy die belofte in die Bybel lees, maak eers seker of dit God se wil vir jou is; kyk na die verband waarin die gedeelte voorkom en maak seker dat dit op jou van toepassing is; maak seker dat jy God vertrou om in elk geval vir jou te gee wat vir jou die beste is; en kyk dan ook watter voorwaarde aan hierdie belofte gekoppel is. Dan kan ons volhardend volgens God se beloftes daaroor bid.

* GEBED EN VAS

Wat is die verband tussen gebed en vas?

 Ek is bly dat jy dit vra. Een aspek van die gebedslewe wat in ons tyd al hoe meer herontdek word, is diā van vas. Die Bybel praat meermale daaroor.

Dit is nie so dat vastye slegs by FarisieŽrs tuishoort nie. Dwarsdeur die Bybel - ook in die Nuwe Testament - speel vas 'n belangrike rol in die godsdiensbeoefening van die gelowiges.

In die Bybel vind ons baie voorbeelde van geleenthede waartydens gevas is, en ook nie net in die Ou Testament nie, byvoorbeeld:

  • - wanneer leraars afgesonder word vir hulle werk (Hand. 13:3);
  • - wanneer ouderlinge gekies moet word (Hand. 14:23);
  • - wanneer gelowiges in lewensgevaar verkeer (Ester 4:16);
  • - wanneer spesifiek vir iemand gebid word (Ps. 35:13).

 Wanneer ons die Bergpredikasie lees, is dit duidelik dat die Here Jesus verwag het dat sy dissipels by geleentheid sou vas. In Matt. 6:16-18 sÍ Hy: "As (letterlik: wanneer ookal) julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie ..."

Dit is ook verbasend om te sien wie almal in die Bybel dit nodig gevind het om te vas, byvoorbeeld Moses (Eks. 24:18); Dawid (Ps. 69:10); Josafat (2 Kron. 20:1-4); Elia (1 Kon. 19:8); Esra (Es. 8:21-23); Nehemia (Neh. 1:4); JoŽl (JoŽl 2:15); Anna (Luk. 2:37); Jesus (Matt. 4:2); sy dissipels (Luk. 5:35); Paulus (Hand. 9:9); en die Christelike gemeentes (Hand. 14:23).

So lees ons ook in die Didache, 'n Christelike geskrif uit die eerste eeu na Christus, dat die Christengemeentes van daardie tyd elke Woensdag en Vrydag gevas het.

Ook in die tyd van die Kerkhervorming het vas sy plek gehad. John Wesley (stigter van die Methodistekerk) het selfs geweier om enige leraar te orden wat nie gereeld gevas het nie.
 

Wat beteken dit om te vas?

 Daar is verskillende maniere van vas:

  • 1. Om net lekkernye en genotmiddels te vermy (Dan. 10:3).
  • 2. Om minder as gewoonlik te eet.
  • 3. Om vir 'n langer of korter tydperk niks te eet nie, maar wel vloeistowwe te drink (Luk. 4:2).
  • 4. Om vir 'n tydperk geen water of voedsel in te neem nie (Hand. 9:9). Hierdie is die uitsondering, aangesien die menslike liggaam normaalweg nie langer as drie dae sonder vloeistof kan leef nie.

 Die Christelike vas is iets anders as

  • - eetstakings as metode van afpersing;
  • - 'n dieŽtplan om gewig te verloor;
  • - 'n vas ter wille van gesondheid.

 Die Christelike vas gaan altyd saam met gebed, aangesien vas op sy eie geen waarde voor God het nie (JoŽl 2:13; Jes. 58:5; Kol. 2:23; Sag. 7:5). Vas wys ons egter wie of wat ons lewe beheer. Dit help ons om ons liggaam onder beheer te hou, soos Paulus in 1 Kor. 9:27 sÍ, en verhoed dat ons deur enigiets verslaaf word (1 Kor. 6:12).
 

Wanneer moet 'n mens vas?

 Johannes Calvyn praat uitvoerig oor die Christelike vas in Instituut IV:XII:14-18. Hy sÍ dat 'n mens om drie redes moet vas:

  • om die oorheersing deur die vlees (jou sondige natuur) te bestry;
  • as hulpmiddel vir toewyding aan gebed en meditasie;
  • as deel van jou verootmoediging en skuldbelydenis.

 Hy lÍ veral klem daarop dat 'n tyd van vas en gebed uitgeroep moet word sodra voorbidding vir 'n belangrike saak gedoen word.

So vertel John Wesley dat die koning van Engeland in 1756 'n dag van vas en gebed uitgeroep het weens 'n dreigende inval deur Frankryk. Die kerke was volgepak en almal het die erns van die saak besef. Die gebede is verhoor, en die inval het nie plaasgevind nie. Is dit nie dalk hoog tyd dat ons in hierdie stadium van ons land se geskiedenis ook weer dae van vas en gebed sal hÍ nie?
 

Kan jy dit nou alles vir ons ten slotte kortliks saamvat?

 Die Christelike vas is heeltemal vrywillig. Dit is 'n hulpmiddel om jouself aan gebed te wy. Almal wat dit beoefen getuig van die waarde daarvan.
 

Kan jy ons dalk 'n paar praktiese wenke gee?

 As jy ook wil vas, word aanbeveel dat jy eers net een ete oorslaan, en later tot 24 uur sonder kos bly (aandete tot aandete). Later kan jy vir langer tydperke vas. Indien jou gesondheid nie na wense is nie kan jy nogtans vas deur selfs net lekkernye en genotmiddels te vermy. Iets soos vrugtesap help 'n mens se spysverteringstelsel om gereeld te bly, indien nodig. Maar onthou: die hoofdoel van vas is om God daardeur beter te ontmoet.

* DOEN

Hoekom wil ek graag bid maar ek doen dit nie gereeld nie?

 Ek dink dat ons dikwels gevoel en wil verwar. Ons is maar almal gevoelsmense en wil graag doen waarvoor ons lus voel. Maar die geestelike lewe is nie op gevoel gegrond nie, maar op geloof en gehoorsaamheid, en dit weer is gegrond op die Woord van God.

Kom ek neem 'n voorbeeld om dit duidelik te maak. Ek het eendag 'n sekere jong dame ontmoet. Ek het gehoor dat haar naam Wena Swanevelder is. Ek het groot respek vir haar gehad, volgens wat ek van haar geweet het, maar die kop-kennis was nie genoeg om haar my vrou te maak nie.

Ons het mekaar beter leer ken, en 'n gevoel het ontwikkel. Ons het begin om liefdesbriewe vir mekaar te skryf en om oor en weer te kuier. Maar die gevoel was nie genoeg om haar my vrou te maak nie.
Op 'n seker dag het ons twee egter saam voor die preekstoel gestaan. Ons het op sekere vrae geantwoord en ewige trou aan mekaar belowe. Daar was nie juis 'n vreeslike gevoel nie, behalwe van senuwee-agtigheid. Maar daardie wilsdaad het ons albei se lewe vir altyd verander. Nooit weer kan ons optree asof ons ongetroud is nie. Daar kom dae dat 'n mens ontdek dat julle mekaar maar eintlik baie sleg geken het. Daar is dae dat daar geen gevoel is nie. Maar daardie wilsdaad hou ons bymekaar en help ons om aan ons huwelik te werk. Die resultaat is dat ons vandag na meer as 'n kwarteeu meer lief is vir mekaar as nog ooit vantevore.
Dit kan ook in ons gebedslewe gebeur. Daar kom dae dat ons nie lus voel om te bid nie. Maar ons weet wat reg is. Ons weet dat God verlang om met ons te verkeer. Daarom moet ons sorg dat ons Hom nie teleurstel nie. Ons moet die afspraak nakom, al is daar geen gevoel nie. Ons moet daaraan werk om die ontmoeting sinvol te maak. En dan ontdek ons dat ons die Here nou meer liefhet as nog ooit vantevore in ons hele lewe.

Die oplossing is dus maar weer net 'n wilsbesluit. Onthou, die Here wil hÍ dat jy elke dag met Hom moet verkeer. Besluit dus om 'n vaste daaglikse afspraak met die Here te maak. Besluit om van nou af erns te maak met jou gebedstye, en kyk wat gebeur.
 

* DRIE-EENHEID

Tot wie moet ons bid in die Drie-eenheid? Watter Persoon in die Goddelike Drieenheid met ek aanspreek?

 Sommige mense het probleme oor wie ons moet aanspreek wanneer ons bid. Kom ons kyk gou wat die Bybel daaroor sÍ:

Die Here Jesus het ons die Ons Vader-gebed geleer. Daarin praat ons met "ons Vader wat in die hemel is". Dit is dan ook die gewone manier waarmee ons in ons gebede met God sal praat. Ons lees egter ook in die Nuwe Testament dat die KorintiŽrs en ander die Naam van die Here Jesus aanroep. Dit is een van die maniere om van gebed te praat. Daar is dus geleenthede wanneer ons spesifiek met die Here Jesus sal praat, soos wanneer ons Hom wil dank vir sy kruisdood waar Hy vir al ons sondes betaal het.

Net so sal daar ook tye wees wat ons direk met die derde Persoon in die Goddelike DrieŽenheid, die Heilige Gees, sal praat, soos wanneer ons Hom vra om die beheer van ons lewe oor te neem (Gal 5:16).

Ek dink dus nie dis nodig om ons te kwel oor watter Naam ons gebruik wanneer ons bid nie. God is Een, al openbaar Hy Hom ook aan ons as die DrieŽenheid. Hy sal verstaan, al gebruik ons enigeen van die baie name waaronder Hy Homself aan ons geopenbaar het.
 

* DWALENDE GEDAGTES

Wat kan ek doen as my gedagtes altyd begin afdwaal as ek bid?

 Jy kan seker wees dat die ou duiwel baie bang is vir jou gebede. Daarom sal hy alles probeer om te keer dat jy bid. Een van sy beproefde wapens teen die gelowige is dat jou gedagtes afdwaal. Hier volg 'n paar wenke wat kan help:

  1. Bid hardop.
  2. Bid vers vir vers volgens 'n Bybelgedeelte terwyl jou Bybel voor jou oop lÍ. Kyk hoe jy elke vers in 'n gebed kan omskep.
  3. Gebruik 'n gebedslys of gebedsalmanak sodat jy volgens 'n vaste lys voorbidding doen en spesifieke sake vir spesifieke persone vra.
  4. Vra die Here om jou dwalende gedagtes gevange te neem. Paulus skryf in 2 KorintiŽrs 10:5: "ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak".

* EENVOUDIGHEID

My gebed is te eenvoudig. Hoe kan ek leer om reg te bid?

 Geen gebed kan tť eenvoudig wees nie. Die Bybel leer ons dat ons soos kindertjies na ons hemelse Vader kan kom. Wanneer Jesus sy dissipels oor gebed onderrig, vertel hy hulle van twee mense wat gaan bid het. Die een wie se gebed verhoor is, het slegs een sin gebid, maar daardie sin het uit sy hart gekom (Luk. 18:9-14). Die tollenaar het gesÍ: "O God, wees my, sondaar, genadig."

LÍ jou dus daarop toe om eenvoudig maar eerlik te bid. Volgens matt 6:7 is dit nie 'n stortvloed van mooi woorde wat maak dat ons gebede verhoor word nie, maar wel die opregtheid van ons gebed. Moet dus nie bid om die mense te bečndruk nie. As ons bid, praat ons met God, en God kyk na ons hart, nie ons woorde nie. En jou medebidders sal baie makliker met 'n kort, eenvoudige gebed kan saamstem.

Sommige mense het die gawe om hulle gebede in die pragtigste woorde te stel, en om lank in die openbaar te kan bid. Die ongelukkige gevolg is dat hulle ander mense die vrymoedigheid ontneem om in die openbaar te bid, want hulle kan nie so mooi bid nie. Indien jy dus een van die begaafdes is, wil ek jou mooi vra: bid asseblief kort en eenvoudig in die openbaar, soos wat enige ander mens ook kan bid. Daardeur help jy ander, en vermy die versoeking om so te bid dat jy menslike eer daarvoor wil ontvang.

Neem jou dus voor om die lang en mooi gebede vir jou binnekamer te hou, en bid eenvoudig en kort in die openbaar.
 

* EREDIENS

Hoe kan ek as gewone lidmaat betrokke voel by die gebede in die erediens?



Ons moet altyd in gedagte hou wat 'n erediens is: 'n ontmoeting en 'n gesprek tussen God en sy volk. Die liturgie (orde van die erediens) is dan ook so ontwerp dat daar 'n voortdurende tweegesprek tussen God en sy mense plaasvind. Die liturg (leraar) tree soms as mondstuk van die gemeente op, en soms as mondstuk van God.

Ons moet onsself dus voorberei vir ontmoeting. Ons bid reeds by die huis vir onsself en al die ander wat by die diens sal wees, en in besonder vir die dienskneg van die Here wat gedurende die diens sal voorgaan. Bid dat daar 'n ware ontmoeting tussen God en sy mense sal plaasvind.

Sodra jy in die kerkgebou kom, is dit ook goed om eers stil te word voor die Here en om jou vir die ontmoeting met Hom in te stel. Hy wil op so baie maniere met ons gedurende die diens kontak maak. Laat ons dus daarvoor voorbereid wees. Hy kan miskien met ons praat deur die woorde van 'n gesang, of 'n gebed, of die skriflesing, of die preek. Wees gereed vir die ontmoeting.

Sedert die eerste lofsang (en onthou tog dat die lofsang ook 'n gebed is waarin ons God aanspreek) is die lidmaat betrokke in die ontmoeting. Daarom moet ons nie dink dit nog iets is om te verduur om die tyd te vul nie. Nee, ons moet elke woord wat ons vir God sing, bedoel. Let dus fyn op die woorde, en moenie iets sÍ wat jy nie bedoel nie.

In die gebede van die erediens bid die leraar namens die lidmate. Daarom moet hy bid soos wat die lidmaat sou gebid het, of dit nou die gebed voor die preek, of voorbidding, of lof en dank, of die antwoord n die preek is.

Stem dus saggies saam met die gebed. (Dis darem jammer dat ons stywe Hollandse agtergrond dit vir ons so moeilik maak om hardop saam te stem!)
 

* GAWE

Is gebed 'n gawe wat die Heilige Gees net aan sommige gee en aan ander nie?



Nee. Ons hemelse Vader wil met al sy kinders gemeenskap hou. Geen goeie aardse vader sal net na sommige van sy kinders luister en die ander ignoreer nie. Ons hemelse Vader ook nie. Hy verlang daarna om met jou gemeenskap te hou. Hy wil hÍ dat jy met al jou behoeftes na Hom moet kom. Filippense 4:6 sÍ: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."

Die Bybel sÍ wel dat die Heilige Gees aan sommige gelowiges die besondere genadegawes van gesondmaking of wonderwerke gee. Maar dit beteken nie dat God nie die res van ons se gebede sal verhoor nie. Gebed is 'n gawe van God aan elke gelowige.
 

* GAWES

Hoekom lÍ sommige kerkgenootskappe so baie klem op die afbid van die gawes van die Gees?



Die Bybel sÍ in 1 KorintiŽrs 12:7 dat God aan elkeen van sy kinders 'n besondere gawe van die Heilige Gees gee tot voordeel van almal. Hy het vir jou ook 'n gawe. Hy woon reeds in elke ware gelowige, volgens Romeine 8:9. Daarom moet jy seker maak dat daar nie iets is soos sonde, ongeloof of ongehoorsaamheid wat hinder dat die Heilige Gees sy genadegawe in jou uitwerk nie.

Paulus lÍ klem daarop dat nie ons nie, maar die Heilige Gees self, besluit oor watter gawe elke gelowige moet kry (1 KorintiŽrs 12:11). Tog voeg hy daarby dat ons ons moet toelÍ op die beste genadegawes (1 KorintiŽrs. 12:31) soos veral om God se boodskap te verkondig (1 KorintiŽrs. 14:1).

Daar is dus niks verkeerd om ook oor hierdie dinge te bid nie. Onthou egter dat die Heilige Gees self besluit wat elkeen moet kry. Moenie Hom bedroef deur jou ongehoorsaamheid of selfsug nie. Wees gereed om te wees wat Hy ookal aan jou opdra.
 

* GEBEDSHOUDING

Wat is die regte liggaamhouding terwyl ek bid?

 Ons moet altyd in gedagte hou met Wie ons besig is terwyl ons bid. Ons is in teenwoordigheid van die almagtige God, diā een in wie se teenwoordigheid selfs die heilige engele hulle gesigte bedek. Ons mag net met die grootste respek na Hom toe gaan.

Ek onthou hoe die destydse Staatspresident eenkeer by Bybelkor besoek afgelÍ het. Almal het seker gemaak dat hulle op hulle beste lyk. Die meeste dames het nuwe rokkies vir die geleentheid aangeskaf. Almal wou 'n goeie indruk maak. Dit is wat ons doen vir belangrike mense, maar hoe gaan ons na die Koning van alle konings toe?

Die Here stel nie in ons klere belang nie, maar wel in die gesindheid waarmee ons Hom nader. En daarmee help die regte liggaamshouding vir ons.

Wanneer ons in die Bybel hieroor lees, dan sien ons dat daar geen houding voorgeskryf word nie. Ons lees byvoorbeeld in 1 Konings 8:22 dat Salomo gestaan en bid het. Hy het terselfdertyd sy hande na die hemel toe uitgestrek.

In Psalm. 95:6 staan weer: "Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper!"

In Numeri 16:22 val Moses en Ašron op hulle knieŽ om te bid, in Josua 5:14 lees ons dat Josua diep buig voor die Here en wanneer Jesus in Getsemane bid, kniel Hy met sy gesig teen die grond terwyl Hy bid (Matt. 26:39).

Die presiese liggaamshouding is dus nie so belangrik as die gesindheid wat daardeur spreek nie. Dit hang ook maar baie van jou kultuur af. 'n Xhosa sal byvoorbeeld uit respek sit indien 'n belangrike persoon inkom, terwyl 'n Afrikaner sal opstaan. Daarom sal Xhosas tradisioneel sit en bid, en met baadjies aan, terwyl Afrikaners in die kerk sal opstaan om te bid. Dit is egter nie verpligtend nie.

Somtyds help mens se hande jou om te bly konsentreer op die Persoon met wie jy in gebed praat. Jesaja 1:15 praat van mense wat hulle hande in gebed uitsteek en in 1 Timoteus 2:8 sÍ Paulus dat die mans by elke plek van samekoms met 'n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef. Vir sommige van ons is dit vandag miskien nog 'n bietjie vreemd, maar dit is heeltemal Bybels.

'n Mens kan dus op enige plek en geleentheid bid, al lÍ jy ook in die hospitaal of al bestuur jy motor. Sorg net dat jy dit met die nodige respek doen. Jou liggaamshouding sal jou daarmee help.
 

* HARDOP BID

Is daar iets met my verhouding met God verkeerd as ek nie hardop kan bid nie?

 Ek meen daar is net een groot rede wat veroorsaak dat mense probleme het om in die openbaar te bid. Dit is mensevrees. Ons het geen probleem om met ons vriende en familie te gesels nie, en gebed is tog niks anders as om met God te gesels nie. As jy alleen is, het jy ook geen probleem om hardop te bid nie. Om die waarheid te sÍ, ek ken mense wat allervreesliks hakkel wanneer hulle met mense praat, maar wanneer hulle hardop bid is daar geen teken van hakkel nie!

Die groot haakplek kom egter wanneer ons begin bang word vir wat die mense sal sÍ. Ek kan nie so mooi bid soos Oom Gertjie of tannie Johanna nie. Hulle kan dinge so mooi stel, met soveel blommerige krulle en draaie, en dan nog so lank ook ... En daarom bly ons liewer stil. Ons vergeet dat ons eie eenvoudige gebed miskien baie meer aanvaarbaar by die Here kan wees as enige pragtige uitgewerkte kunswerk van 'n gebed. Vir die Here maak dit net saak of ons opreg in ons gebede is.

Daarom moet ons die Here vra om ons van mensevrees en hoogmoed te verlos. Hy wil dit graag doen, want albei is sonde.

Nog 'n wenk wat al baie mense hiermee gehelp het, is om Bybelverse uit die kop te leer. Hier by Bybelkor het ek al briewe gekry van mense wat vertel dat hulle vir baie jare probleme gehad het om in die openbaar te bid, totdat hulle die eenvoudige Bybelkor-kursus Twee weke in die skool van gebed deurgewerk het. Deel van diā kursus is om 'n paar sleutelverse te memoriseer. Probeer dit gerus, en kyk hoe u gebede verander.

Daar is soveel wonderlike beloftes aan gesamentlike gebed gekoppel, dat ons nie moet toelaat dat ons ou vyand ons van die vreugde en krag van openbare gebed beroof nie.
 

* HINDERNISSE

Wat hinder dat my gebede beantwoord word?

 Kyk maar weer na Les 3 van Kom ons leer bid, jou groepkursus oor gebed. Daar word 'n hele aantal sake verduidelik, byvoorbeeld troetelsondes, of verharding teen die stem van die Here, of 'n verkeerde gesindheid tussen man en vrou in die huwelik, of onvergewensgesindheid. Dit kan ook wees dat jou gebede heeltemal te selfsugtig is. Jakobus skryf in Jakobus 4:3 dat die Here soms selfs goeie versoeke nie kan toestaan nie, omdat ons motiewe selfsugtig is.

Is daar mense vir wie ek nie kan bid nie

 ? Ek hoor soms dat mense sÍ dat hulle nie vir sekere vyande van hulleself, van hulle volk of van hulle land kan bid nie. Die Here Jesus beveel ons egter om ook vir ons vyande te bid. Daarom moet ons dit doen. En wie weet of die Here nie dalk bekering aan daardie mens sal gee in antwoord op jou gebed nie? Onthou daardie woord van John Wesley dat elke bekering iewers teruggelei kan word na 'n knielende figuur. As jy dan nie vir daardie persoon bid nie, wie sal dan? Is hy nie dalk 'n Saulus wat nog eendag 'n kragtige sendeling vir Christus soos Paulus sal word nie? En is jy nie dalk die Ananias wat vir daardie Saulus moet bid nie?

Die tweede probleem met jou vraag is dat dit 'n teken van onvergewensgesindheid is. En solank jy die sonde van onvergewensgesindheid vertroetel, kan die Here nie jou eie sondes vergewe nie. So sÍ die Here Jesus in Matt. 6:14-15.

Die antwoord op jou vraag is dus eenvoudig. Jy kan vir enigiemand bid solank hy of sy nog lewe. As hulle egter reeds dood is, kan geen gebed nog meer iets aan sy toestand maak nie.

Maar ek is te sondig om te bid. Die Here sal tog nie 'n sondaar verhoor nie

 . Baie mense voel dat hulle te sondig is, en daarom kan hulle nie bid nie. Onthou egter, God het sondaars lief. Hy het sy liefde vir ons gewys deur vir ons te sterf toe ons nog sondaars was.

In sy groot genade verhoor hy ook soms die gebede van onbekeerde mense. Om die waarheid te sÍ, ons lees in Luk. 8:32 dat die Here Jesus selfs die gebede van duiwels verhoor het, toe hulle verlof gevra het om in die varke te gaan woon.

Maar ons moet onthou dat Hy eintlik net belowe het om een soort gebed van 'n sondaar te verhoor, en dit is die gebed om vergifnis. As ons eerlik is en bedoel wat ons vir Hom sÍ, dan sal Hy ons sondes vergewe. Dink net aan Jesus se storie van die FarisieŽr en die tollenaar wat gaan bid het. Die tollenaar se gebed is verhoor, ten spyte van sy vele sondes, omdat hy gewillig was om sy skuld voor God te erken. Die FarisieŽr was ook 'n sondaar, maar omdat hy nie gewillig was om sy skuld te erken nie, is hy met 'n onverhoorde gebed huistoe (Luk. 18:14).
 

* HOOR

Hoor God my regtig as ek bid? Hoe is dit moontlik dat Hy na miljoene gebede tegelyk luister?

 Ja, dit is die wonderlikste ding oor ons hemelse Vader. Hy is nie 'n mens wat maar net op een plek op 'n slag kan wees nie. Hy is alomteenwoordig. Lees maar weer daardie pragtige Psalm 139 waar Dawid vertel dat hy nÍrens vir God kan wegkruip nie, want Hy is orals in die hele skepping gelyktydig, net soos lug elke hoekie van 'n mens se huis vul.

Hierdie groot en wonderlike God nooi ons uit om met Hom gemeenskap te hou. Kom ons maak van hierdie groot voorreg gebruik. Dis nie nodig om tou te staan nie. Hy is altyd en oral tot ons beskikking. Maak net baie seker dat daar nie 'n troetelsonde in jou lewe is wat skeiding maak tussen jou en God nie.
 

* KINDERGEBEDE

Hoe leer en korrigeer ek my kind wat bid?

 Ja, dit is seker een van die grootste voorregte vir 'n ouer om sy kind te leer bid. Hoeveel van ons het nie as klein kindjie reeds ons eerste gebedjie aan moedersknie geleer nie? Daardie rympie wat ons geleer het, bly ons seker die res van ons lewe by. Ek onthou eenkeer hoe 'n geharde misdadiger in die tronk in trane na die Here gekom het met die gebedjie wat hy by sy mammie geleer het: "Ek is 'n kindjie klein; o Heer, maak my hartjie rein."

Maar nou moet ek sommer ook dadelik daarby sÍ dat ons liewer nie rympie-gebede aan ons kinders moet leer nie. Dit veroorsaak so maklik dat die kind onbewustelik begin glo dat net seker formules verhoor kan word, en dan het hulle dikwels in hulle latere lewe probleme om in die openbaar te bid.

Die heel beste is dus om elke aand vir jou kindjie tyd te maak, oor die dag se sake te gesels en hom te vra waaroor hy vanaand met die Here Jesus wil praat. Help hom dan om in sy eie eenvoudige woorde daardie sake voor die Here te bring.

Pasop tog net op dat jy nooit vir daardie kinderlike gebed lag nie. Ons een seuntjie het begin om te bid dat die duiwel tot bekering moet kom, en ons het dit baie amusant gevind. Toe hy agterkom dat sy ouers vir sy gebed lag, het hy vir jare geweier om weer hardop te bid. Ons het amper 'n kind se hele geestelike ervaring verongeluk deur ons onbedagsaamheid.

Leer jou kinders dat 'n mens vanselfsprekend bid oor elke deel van jou dag. Ons kinders het gou geleer dat ons eers bid voor ons met die motor vertrek, en as Pappa dalk vergeet, sal 'n kinderstemmetjie van die agterste sitplek hom gou herinner: "Pappa, eers bid!"

Miskien moet ek nog net dŪt bysÍ. Dit is goed om jou kindjie te help om sy gebed ook by vandag se Bybelgedeelte te laat aansluit. So leer hy van kleins af om op die Woord van die Here te antwoord.

Baie geluk met daardie pragtige gawe uit die hand van die Here. Mag hy nooit, wanneer hy groot is, enige probleme hÍ om oor elke saak te bid nie. Mag sy gebede vir hom net so natuurlik as asemhaling wees.
 

* LUISTER

* Hoe luister 'n mens na God as jy bid?

 Ek dink nie 'n mens kan hier 'n algemene antwoord gee nie, omdat die Here regtig nie met almal dieselfde werk nie. Dit is klaar goed om te weet dat God gaan antwoord. Vir Hom is ons gebedstyd belangrik, juis omdat dit 'n tweegesprek is. Hy wil nie net na ons luister nie, Hy wil met ons praat ook. Daar is dinge wat Hy vir ons wil sÍ, en daar is dinge wat Hy vir ons wil antwoord op wat ons in ons gebed gesÍ het. En daarvan kan baie van ons getuig.

Ons vergeet soms dat die Here ook met ons wil praat. Ons is baie soos die siek omie wat by die dokter ingestorm het, al sy simptome en kwale aan die verbaasde dokter uitgespel het, en dan weer uitgeloop het sonder om eers vir die dokter 'n kans te gee om iets te sÍ of te doen.

Somtyds antwoord die Here deur die Skrifdeel wat voor ons oop lÍ terwyl ons bid. Terwyl jy dit biddend lees, ontdek jy dat die Here met jou praat. Jy weet net skielik dat dit sy antwoord is. Of daar sal 'n Bybelvers by jou opkom wat jy lank tevore uit die kop geleer het. Dit is daarom ook baie sterk aan te bevele om gereeld Bybelgedeeltes uit die kop te leer. Waak egter daarteen om Bybelverse buite verband te gebruik.

By ander geleenthede sal 'n gedagte of voorbeeld by jou opkom terwyl jy bid, en jy sal besef dat dit die antwoord is waarop jy gewag het. Of die Here sal iemand anders oor jou pad stuur wat net die regte woord vir jou het. Wees voorbereid vir die antwoord, en sÍ vir Hom dankie wanneer dit kom.

Om saam te vat: jou stiltetyd moet 'n gesprek tussen jou en die Here wees. Antwoord Hom op wat Hy vir jou sÍ, en kyk wat sÍ Hy vir jou in antwoord op jou gebed. Wees oop vir sy stem, al sÍ Hy dalk iets aan jou waarvan jy nie hou nie.
 

* MUUR

Dit voel my of daar 'n muur tussen my en God is as ek bid. Wat is verkeerd met my gebedslewe?

 'n Mens voel soms asof daar 'n muur tussen jou en God is, of dat jou gebede nie verder as die plafon gaan nie. Maar dink nou 'n bietjie: is jou God dan agter die muur of bokant die plafon? Is Hy dan nie oral nie? Is Hy dan nie op hierdie oomblik daar by jou in die kamer of in die motor nie? Natuurlik is Hy. Daarom moet ons oppas dat ons gevoelens nie die plek van geloof inneem nie. Die brief aan die HebreŽrs waarsku ons in HebreŽrs 11:6: "as 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy diā wat Hom soek, beloon."

Afstand kan nie skeiding bring tussen ons en God nie. Om die waarheid te sÍ, daar is geen afstand nie, want Hy is hier. Daar is egter iets wat wel skeiding bring. Dit is sonde. Ons lees in Jesaja. 59:1-2: "die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy Hom nie aan julle steur nie en nie na julle wil luister nie."

Die 1933-vertaling praat hier letterlik van 'n skeidsmuur van sonde wat skeiding maak tussen God en sy mense. Ons kan die Here dus gerus vra vir 'n baie gevoelige gewete, sodat daar niks in ons lewe kan insluip wat Hom hinder nie. En sodra ons van enige sonde bewus word, kan ons dit voor Hom bely en laat staan, en weet dat Hy dit graag wil vergewe, omdat Jesus die straf vir daardie sonde lank gelede reeds gedra het. SÍ dan vir Hom in die geloof dankie vir sy vergewing, en weet dat daar werklik niks is wat jou gebede verhinder nie.
 

* OPREGTE GEBED

Wat is 'n opregte gebed?

 Die bekende Christen-Chinees Watchman Nee noem in een van sy boeke dat die belangrikste ding om in gebed te onthou, die volgende is: wees eerlik. SÍ vir die Here hoe jy regtig voel. Hy sal jou nie kwalik neem nie. Dit is juis wanneer ons absoluut eerlik voor Hom is dat daar ware kontak met Hom plaasvind.

Hy vertel byvoorbeeld van 'n diensreeks wat hy eenmaal gehou het. Na afloop van een diens het hy soos gewoonlik 'n uitnodiging gemaak, en onder die mense wat agtergebly het, was daar 'n jong dametjie. Sy vertel hom toe dat sy mooi geluister het, maar dat sy net vir hom wil sÍ dat sy glad nie van plan is om die sonde te los nie. Sonde is lekker. Sy wil daarmee aangaan. Nadat hy geduldig na haar geluister het, het hy aan haar gesÍ dat hy kan aanvaar dat sy so voel. Hy stel dus voor dat hulle nou saam neerkniel en dan sÍ sy dit sommer vir die Here ook. Sy het natuurlik glad nie van diā gedagte gehou nie. Ds. Nee het egter aan haar verduidelik dat Jesus 'n vriend van tollenaars en sondaars is. Sy kan gerus maar met Hom praat soos wat sy so pas met homself gepraat het. Uiteindelik het hulle op hulle knieŽ gegaan, en sy het vir die Here vertel hoe lekker die sonde is, en dat sy dit nie wil los nie. Skielik het haar gebed verander. Sy sÍ: `Snaaks, nou is ek nie meer lus vir sonde nie." en voor sy van haar knieŽ af opgestaan het, was sy 'n weergebore kind van God. Ds. Nee sÍ hy glo dat die geheim net daarin gelÍ het dat sy absoluut eerlik met die Here was. Dit was genoeg vir 'n lewensveranderende ontmoeting.

Kom ons wees maar eerlik in ons gebede, en kyk wat gebeur.
 

* VASTE PATROON

Is dit verkeerd om in 'n patroon te bid? Of moet 'n mens daarna streef om jou gebede telkens nuut te laat wees?

 'n Vaste patroon het sy voor- en nadele. Dit is goed as 'n mens jou gebedslysie gebruik om gereeld vir sekere persone of sake te bid. Dit kan egter maklik net in 'n rympie ontaard, soos so baie tafelgebede. Niemand luister meer daarna nie, nie eens die bidder self nie. So gebeur dit soms dat Pa self nie meer weet of hy voor ete seŽn gevra het of nie!

Ek sou dus aanbeveel dat ons ons gebede so lewendig en persoonlik as moontlik moet hou. Bid sommer aan tafel oor die dinge wat vandag gebeur het, of wat nog voorlÍ, of waaroor ons nou besig was om te gesels. En as dit in jou persoonlike stiltetyd is, is dit goed om toe te pas wat jy in die groepkursus geleer het. Moenie net iemand se naam noem nie. Bid vir 'n spesifieke saak in daardie persoon se lewe, en teken dit aan. Dit versterk 'n mens se geloof as jy elke keer weer agterna kan aanteken wanneer en hoe daardie gebed verhoor is.
 

* STIL GEBED

Is stil gebede net so effektief as om hardop te bid?

 Die Here is nie doof nie. Dit maak nie vir Hom saak hoe hard of hoe sag ons bid nie. Hy ken ons gedagtes. Daarom is dit aan sy kant om 't ewe of ons nou hardop of sag bid. Ons lees byvoorbeeld dat Nehemia sulke onhoorbare skietgebede opgestuur het toe die koning hom oor sy hartseer gesig uitvra. En daardie gebed is ook verhoor.

Die groot vraag is egter of stil gebede vir jouself net so effektief is. Om hardop te bid help dat jou gedagtes nie dwaal nie. En hoeveel ouers het nie al tot bekering gekom deur die aanhoor van 'n kinderlike gebed, en andersom, nie.

In die openbaar is dit egter belangrik dat ons mekaar kan hoor. Die Here Jesus het kragtige beloftes vasgeknoop aan ons saamstem in die gebed. Jy kan net saamstem met iemand as jy weet wat hy of sy bid. Bid dus hard en duidelik genoeg dat die ander kan saamstem. Lig jou kop op, dat die ander ook kan hoor. En bid kort, sodat die ander se gedagtes nie begin dwaal nie.
 

* TYDSDUUR

Hoe lank moet 'n mens bid? Hoeveel tyd moet jy aan gebed wy?

 Kan ek jou so vra: hoe lank praat 'n mens met jou pa of jou ma? Daar is mos nie 'n vasgestelde tyd nie. Soms kan ons ure lank gesels, en ander kere is 'n eenvoudige goeiemŰre genoeg.

So lees ons dat die Here Jesus self soms dwarsdeur die nag gebid het, veral voor die een of ander krisisbesluit, maar as Hy sy dissipels 'n voorbeeld van gebed leer, neem dit net 'n paar sekondes om te bid.

Ek meen egter dat ons oor die algemeen gans te kort bid, eerder as te lank. Die Here wil met ons gemeenskap hou. Ons moet daarom 'n vaste afspraak met Hom hÍ, al kos dit dat ons elke oggend 'n uur vroeŽr moet opstaan. Hoe meer tyd jy met iemand deurbring, hoe meer word jy soos Hy.

En hoeveel mense het nie al vertel wat dit vir hulle beteken het toe hulle vir die eerste keer besluit het om minstens een uur aan gebed te wy nie. En hoe sinvol kan 'n deurnag-biduur nie wees nie. Kom ons gee aan die Here die tyd wat Hom toekom.
 

* VOORBEREIDING

Hoe moet ek my voorberei voordat ek bid?

 Hierdie is nogal 'n interessante vraag, omdat dit nie so dikwels gevra word nie. Ons is so geneig om sommer in die teenwoordigheid van God in te storm sonder om tweemaal te dink. En die grootste wonder is dat God ons so aanvaar.

Wanneer ons 'n belangrike persoon oor 'n saak gaan sien, dan maak ons baie seker dat ons goed voorbereid is, dat ons reg aangetrek is, en dat ons al die regte argumente gereed het om hom te oortuig dat hy aan ons versoek moet voldoen.

Met God is dit anders. Hy is wel die Koning van die konings, met groot mag en majesteit beklee, maar Hy is ook ons hemelse Vader. Hy verlang dat ons daagliks met Hom gemeenskap moet hÍ, soos 'n kind met sy liefdevolle vader kan gesels.

Dit beteken natuurlik nie dat ons sonder respek met Hom mag omgaan nie. Ons moet gedurig onthou wie Hy is, en dat Hy sonde haat. Tog het Hy sondaars lief.

Die beste manier om jouself voor te berei is om te begin. Maar begin dan deur Hom te vra wat daar in jou lewe is wat Hom hinder. Bely dit aan Hom sodat Hy dit kan vergewe en wegneem. Dan is daar niks meer wat kan hinder nie.
 

* WANTROUE

God weet tog wat ek nodig het. Is ek nie besig om sy alwetendheid en sy almag te wantrou wanneer ek bid nie?

 Baie dankie vir hierdie vraag. Dit herinner 'n mens dat jou gebed soveel meer as net 'n inkopielys moet wees. Ons maak almal die fout om net in ons gebede te wil vra, asof ons nou aan die Here kan bevele uitdeel en opdragte gee. Gebed is nie net 'n vrasessie nie. In die gebedskursus het ons geleer dat daar ook ander soorte gebed is, soos aanbidding en danksegging en belydenis en toewyding. Dit is nie altyd nodig dat elke gebed al die elemente moet bevat nie, maar as ons hulle in gedagte hou kan dit ons gebedstyd soveel sinvoller maak.

Kom ons lees gou weer die verse waarna jy verwys. Matt. 6:6-8 lui soos volg:
"Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon.
Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra."

In hierdie gedeelte praat die Here Jesus juis oor gebed. Hy doen dit nie om ons te ontmoedig om te bid nie. Hy wil ons juis leer om sinvol te bid. Daarom waarsku hy teen gebede wat bedoel is om vir onsself eer van mense te verwerf. Daarom sÍ Hy dat binnekamer-gebede selfs meer effektief is as gebede op straathoeke. Maar dit is baie duidelik dat Hy van ons verwag om wel te bid.

Wanneer ons byvoorbeeld kyk na Jesus se eie gebedslewe, dan is dit duidelik dat Hy self nie agteroor gesit het omdat God ons behoeftes ken nie. Hy het juis baie ure elke dag in gebed deurgebring. En as ons dan ook lees van Paulus en die ander apostels se gebedslewe, dan is dit baie duidelik dat hulle besef het dat hulle nie minder moet bid nie, maar meer.

Gaan kyk gerus hoe Paulus elke brief begin deur te vertel wat hy alles vir daardie gemeente gebid het.
 

* WIL VAN GOD

Is dit moontlik om die wil van God deur ons gebede te verander?

 Daar is nogal Bybelgedeeltes wat klink asof dit gebeur. So lees ons in Eks. 32:14 dat die Here die volk Israel wou vernietig omdat hulle die goue kalf gemaak en aanbid het. Moses het toe vir die volk ingetree deur Hom aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob te herinner. Dan lees ons: "Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring."

So lees ons ook in Amos 7 dat die Here aan die profeet bekend gemaak het watter oordeel Hy oor sy volk gaan bring. Amos het toe dringend vir die volk ingetree, en dan lees ons in vers 3: "die Here het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesÍ: dit sal nie gebeur nie."

Ook in die profeet Jona lees ons in Jona 3:10: "Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesÍ het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie." Die profeet was natuurlik toe baie ongelukkig daaroor, want dit het gelyk asof hy nie die waarheid gepraat het nie. Toe het God aan hom verduidelik dat Hy besorg is oor die mense van Nineve. Daarom het Hy hulle gewaarsku. En toe hulle hulle bekeer het, het Hy sy doel bereik. Toe was dit nie nodig om die ramp oor die stad te bring nie.

Ons sien dus dat die Here wel van plan verander in antwoord op gebed. Elke keer was dit die een of ander oordeel wat Hy aangekondig het. Aan die een kant gebeur dit omdat die mense oor wie die oordeel aangekondig was, hulle bekeer het. Aan die ander kant het dit gebeur dat daar 'n voorbidder was wat God aan sy beloftes herinner het. Veral sy verbond met sy volk is 'n kragtige belofte. Psalm 106:45 stel dit so: "Ter wille van hulle het Hy aan sy verbond gedink, en in sy groot liefde was Hy genadig."

Dit is dan ook wonderlik om te ontdek dat God voorbidders soek wat by Hom kan intree vir ander. As die Here deur die profeet EsegiŽl die oordeel oor Jerusalem aankondig, dan lees ons in Eseg. 22:30 hierdie tragiese woorde: "Ek het iemand tussen hulle gesoek wat 'n muur kon bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie."

Soek die Here nie dalk vandag nog sulke gebedshelde wat vir ons land en sy mense in die bres kan tree nie? Ek dink dat niks vir Hom so bly sal maak as dat ons almal ons tyd sal begin gee aan voorbidding nie. Dan is dit nie meer nodig om die oordeel van God oor 'n ongehoorsame land te bring nie.
 

* WIL VAN GOD

Hoe weet ek dat my gebede binne die wil van God is? Hoe bid 'n Christen volgens God se wil?

 Daar is net twee maniere waarop my gebede volgens die wil van God kan wees. Die eerste is volgens die geopenbaarde wil van God. As die Here in sy Woord vir ons sÍ wat sy wil is, dan hoef ons nie meer te twyfel nie. Hy sÍ soms vir ons reguit dat iets sy wil is, of nie sy wil is nie. Dit kan ook wees dat hy ons iets in sy woord beveel. Hy sal ons nooit iets beveel wat teen sy eie wil is nie. As Hy ons byvoorbeeld beveel om ons nie aan egbreuk skuldig te maak nie, dan help dit nie dat ek my verliefdheid op 'n getroude persoon na Hom toe neem en Hom vra of dit sy wil is nie. Die Bybel sÍ duidelik wat sy wil is. As Hy ons in Ef. 5:18 beveel: "Laat die Gees julle vervul", dan hoef ek nie te twyfel of dit God se wil is om my deur sy Gees te vervul nie. Dit is. Daarom kan ek met groot vrymoedigheid daarvoor vra.

Die tweede manier waarop ek kan weet dat ek volgens die wil van God bid, is om Hom te vra om my te lei wat ek oor die een of ander spesifieke saak moet bid. As die saak reeds in die Bybel openbaar is, dan hoef ek nie verder so te bid nie. Daar is egter sake, soos besluite wat ons eie toekoms raak, wat nie altyd so duidelik is nie. Dan moet ons die Here vra om ons eers werklik gewillig te maak om te alle koste sy wil te doen. En wanneer ons oortuig word dat hierdie of daardie saak volgens sy wil is, dan moet ons dit maar weer aan die Bybel toets. Dit beteken nie dat ons moet gaan kyk of ons iewers 'n teks kan kry wat moontlik buite verband gebruik kan word om my standpunt te regverdig nie, maar of hierdie besluit van my saamstem met die hele gees en gesindheid van God soos Hy dit in die Bybel openbaar het. En omdat min van ons die Bybel so goed ken, is dit daarom baie wys om hierdie saak aan die ander gelowiges voor te lÍ vir beoordeling.

In Romeine 12:1-2 kry ons 'n pragtige belofte oor hierdie saak. Paulus sÍ as ons tot algehele oorgawe kom, as ons onsself as lewende offers onvoorwaardelik aan die Here gee, dan is ons besig met die wesenlike deel van die godsdiens. Dan gaan hy voort om te sÍ dat ons God moet toelaat om ons gedagtes te vernuwe. Dan sÍ hy: "dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is". Ons moet dus begin by oorgawe aan God.

Maar indien ons dan oortuig word van God se wil, dan moet ons nie twee maal dink nie. Ons kan met groot vrymoedigheid daarvoor vra, en sommer begin om self ook te help om daardie gebed te beantwoord. Dit is interessant om in Matteus 9 te lees dat die Here Jesus byvoorbeeld sy dissipels leer om te bid vir arbeiders in sy oesland, en dan in die volgende verse juis vir h£lle roep om deel van die antwoord op daardie gebed te wees.

Die apostel Johannes sÍ dat 'n mens kan weet dat jou gebede verhoor word as jy weet dat jy volgens God se wil vra. Hy sÍ mos in 1 Joh. 5:14-15: "En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets sĘ vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra." Wat 'n kragtige belofte! Dit maak dit oor en oor die moeite werd om te vra wat God se wil is, sodat ons ons gebede in ooreenstemming daarmee kan bring.
 

* YDELE GEBEDE

Wanneer is ek skuldig aan ydele herhaal van woorde? Kan 'n mens God se Naam in jou gebede misbruik?

 Dit is 'n interessante vraag. Dit is nogal opmerklik dat daar een van die tien gebooie is waarvan God sÍ dat as ons daardie gebod oortree, dan sal Hy dit nie ongestraf laat bly nie. Dit is die misbruik van sy Naam. Daarom sÍ die Heidelbergse Kategismus ook dat daar geen sonde is wat God meer kwaad maak as wanneer ons die Naam van die Here misbruik nie. En dit is nogal iets om te onthou, veral in ons tyd wanneer dit amper mode geword het om die Here se Naam as stopwoord te gebruik.

Nou is dit met huiwering dat 'n mens hierdie gebod aan ons gebede bind. Wanneer ons bid, praat ons mos met hierdie magtige, heilige God vir wie die heiligheid van sy Naam so belangrik is. Kan dit dalk wees dat ek selfs in my gebed die derde gebod oortree?

Dit is tog so maklik om een of ander vroomkinkende rympie in ons gebede op te neem, wat ons dan aan die begin of einde van elke sin van ons gebed herhaal, veral wanneer ons in die openbaar bid. So 'n bidder kom dit gewoonlik nie self agter nie, want hy dink nie aan wat hy sÍ nie. Hy laat die gewone rympie Ų gewoonlik die een of ander aanspreekvorm van God Ų maar net aanrol terwyl hy dink wat hy volgende wil sÍ.

Ons kan dus in die eerste plek sÍ dat daardie woorde ydel is. Dit wil sÍ dit het nie betekenis nie, want ons bedoel dit nie. Onthou wat die Here Jesus in Matteus 6 oor die ydele herhaling van woorde in ons gebede gesÍ het. Vanaf vers 7 waarsku Hy teen die heidense idee van baie woorde. Jy het seker al gehoor van die Chinese wat hulle gebede op lang stroke papier skryf en dit dan aan 'n windmeul vasmaak. Hulle idee is dat die gode dan hulle gebede sal lees elke keer as dit in die rondte draai, en as hulle dit genoeg gelees het, sal hulle die gebede verhoor. Dit is regtig 'n ydele herhaling van woorde, soos die 1933-vertaling hierdie vers letterlik vertaal.

Jesus verduidelik nou dat dit nie nodig is om ons hemelse Vader met baie herhalings te probeer oortuig nie. Hy weet reeds wat ons nodig het. Dit is nie Hy wat moet verander nie, maar ekself. Ek moet leer om my gebed op sy wil in te stem. Daarom lees die Here Jesus ons dan direk daarna om eerste vir die koninkryk van God en die wil van God te bid.

Maar ons moet tweedens ook onthou met Wie ons te doen het as ons bid. Ons mag hierdie heilige God se Naam slegs met die grootste eerbied gebruik. Ons moet dus daarteen waak om die Here se Naam as stopwoord in ons gebede te gebruik. Dit maak ons gebede nie sterker nie. Ons loop juis die gevaar dat ons die Here daardeur kan kwaad maak sonder om dit so te bedoel. In die Ons Vader-gebed leer die Here Jesus ons om God net een keer aan te spreek. Is dit werklik nodig om sy Naam te herhaal? Het ons intussen sy aandag verloor?

Nee, kom ons nader na Hom met die nodige ontsag en liefde. Hy is die hoorder van gebed.
 

* SLOTGEDAGTES

Baie dankie vir hierdie geselsie. Dit lyk my dat hierdie kursus ons opnuut onder die besef wil bring dat ons nie net moet bid as ons in krisisse verkeer nie, maar dat ons elke dag moet bid.

Ja. Ek dink ons sal almal getuig dat tye van beproewings en krisisse juis die tyd is wat ons die meeste geestelik groei. Wanneer dit alles goed gaan, kan ons maklik van God vergeet. Ons is dan te besig om vir God tyd te maak. Maar wanneer dinge begin skeefloop, dan weet ons mos waar om hulp te gaan soek.

Die gevaar is nou dat ons sal begin dink dat God net soos 'n brandblusser is -- net vir noodgevalle! Gebed is tog baie meer as net 'n roep om hulp. Gebed is gemeenskap met ons hemelse Vader. Ons moet nie net instorm met ons inkopielys van alles wat Hy vir ons moet doen nie. Hy is nie daar om Ęns bevele uit te voer nie. Ons moet aan Hom gehoorsaam wees en sy bevele uitvoer.

Anders kan dit gebeur dat ons soos die volk Israel in die tyd van die Rigters maak. Ons lees in Rigters 2 dat die volke telkens van die Here vergeet het. Dan stuur Hy beproewings oor hulle, tot hulle hulle bekeer en begin bid. Dan gee Hy die uitkoms, en sodra dit weer goed gaan, vergeet hulle weer van die Here en gaan agter die afgode aan. Hierdie siklus is dan talle male herhaal. Dit is tog nie God se ideaal vir sy kinders nie.

Die beste is om nie eers vir lyding en beproewings te wag voordat ons met 'n sinvolle gebedslewe begin nie. Kom ons begin van vandag af om elke dag tyd vir die Here te maak, soos wat Hy tyd vir ons maak. Wat 'n vreugde is dit nie om so met Hom te mag verkeer nie!

(c) Bybel-Media 2002