CMN
Bidlys

Bid vir die werk van

Bybel-Media en Lux Verbi.BM

2006

1. Strategiese bestuur

Bybel-Media, Kerk-Media, Nehemia Bybel­instituut, Tydskriftemaatskappy, C-Web en Lux Verbi.BM word beheer deur direksies wat toesig hou oor die werk van die verskillende bedienings wat saamwerk. Goeie Nuus Media en Hugenote-Bybelinstituut het ook hulle eie beheerliggame.

· Bid vir duidelike leiding oor elke besluit wat geneem moet word, sodat God se wil in ons land en elders gedoen word.

· Bid vir elke personeellid se persoonlike omstandighede en geestelike groei.

· Bid vir nouer samewerking tussen almal in die area van Christelike media.

2. Christelike Lektuur

Bybelkor produseer al meer as 35 jaar studiegidse in agt tale om lidmate vir hulle roeping toe te rus.

CLF-Uitgewers publiseer traktaatjies, liturgiese boeke en ander hulpmiddels in baie tale.

CLF-Vigstrust voorsien lektuur en toerusting oor die vigs-pandemie aan gemeentes.

Christelike Jeugboek publiseer kategese-handboeke.

Lux Verbi.BM produseer baie ander Christelike boeke en verskillende soorte Bybels.

· Bid dat elke gemeente die regte media sal gebruik vir hulle verskillende behoeftes.

· Bid dat elke lid van 'n Bybelstudiegroep of kleingroep geestelik gebou sal word en dat hulle mekaar sal ondersteun.

· Bid dat Bybelstudie en goeie lektuur elke Bybelkor-student en leser sal verander .

3. Tydskriftemaatskappy

Tm is die uitgewers van Kerkbode , die NG Kerk se amptelike koerant, LIG , maandelikse gesinstydskrif, SA Christian Handbook , 'n samevatting van alle Christelike bedienings en aksies in Suid-Afrika, en die Jaarboek waarin al die inligting ten opsigte van die NG Kerkfamilie opgeneem is.

Bid asseblief ...

· Dat al hoe meer gemeentes en indiwidue op hierdie tydskrifte sal inteken; en

· dat die evangelie daadwerklik deur die onderskeie publikasies uitgedra sal word.

4. Redaksie en produksie

Bybel-Media, CLF-Uitgewers en Lux Verbi.BM se redaksie- en produksiespanne hanteer meer as 200 nuwe titels elke jaar.

· Bid vir die publikasieprogram , sodat net die beste publikasies uitgegee sal word.

5. Buitelandse aksies

Biblecor India versprei die evangelie vanuit Chennai ( Madras ) oor die hele Indië. Hulle hanteer tot 'n duisend briewe per dag, in 18 tale! Tienduisende Indiërs het al deur hierdie bediening die Here Jesus begin volg ten spyte van baie vervolging.

In Sri Lanka ervaar Biblecor Lanka dat die meerderheid studente soekende Boeddhiste is.

· Bid dat die Here die personeel en mede-werkers van Biblecor India en Biblecor Lanka sal bewaar en gebruik om baie na Hom te lei.

· Dank die Here vir gemeentes en indiwidue wat hierdie werk finansieel dra.

· Bid dat die nuwe gelowiges sal volhard tot die einde toe te midde van vervolging.

· Bid vir die kerkplanters wat opgelei word om gemeentes te stig op onbereikte plekke.

6. Nehemia-Bybelinstituut

Die NBI voorsien praktiese afstandsopleiding vir die duisen­de kerkleiers wat nog nie teolo­giese opleiding ontvang het nie.

· Bid vir NBI-studente wat soms sonder veel skoolopleiding moet vasbyt om hulleself beter vir hulle roeping toe te rus.

· Bid dat elke student die waarheid sal snap en navolg, al verskil dit van wat hy of sy vantevore geglo het.

· Bid vir die bemarking van die kursus aan die tienduisende kerkleiers wat dit nodig het.

· Bid vir die baie ander Bybelskole in tien lande wat hierdie materiaal gebruik.

· Bid dat die vigskursus vir kerkleiers werklik 'n verskil sal maak in baie gemeentes.

7. Hugenote-Bybelinstituut

Die HBI voorsien 'n verskeidenheid van kursusse op na-matriekvlak in samewerking met die Hugenote-Kollege en die Universiteit van Pretoria.

· Bid dat al hoe meer gelowiges hulleself sal toerus deur hierdie kursusse.

· Bid dat hulle die kennis sal toepas , oordra en uitleef.

· Bid vir die ontwikkeling en hersiening van effektiewe kursusse, en almal wat daaraan meewerk.

8. Gevangenebediening

Duisende gevangenes doen tans Bybelstudie met die hulp van Bybelkor -gidse.

· Dank die Here vir die donateurs wat hierdie aksie moontlik maak.

· Bid dat elke Bybelkor-student se lewe deur hierdie studie verander sal word.

· Bid dat die rehabilitasieprogramme van die Departement Korrektiewe Dienste sal werk.

· Bid vir werk vir elke gevangene wat ontslaan word.

9. Pastorale raadgewing

Honderde mense skryf elke jaar aan Bybelkor en NBI om hulp en raad te vra. Bybel-Media se span raad­gewers beantwoord hierdie briewe vertroulik in agt verskillende tale.

· Bid dat die Heilige Gees elke raadgewer sal help om die vraag agter die vraag te verstaan, en volgens die behoefte van die skrywer te beantwoord.

· Bid veral dat mense van ander godsdienste wat die Here Jesus deur hierdie studies leer ken, geestelik sal groei.

10. Mema-Media

Mema-Media produseer DVD's, CD's en ander elektroniese produkte om die evangelie in verskillende tale uit te dra en die toerusting van gelowiges te fasiliteer. Daar is ook produkte vir kinders.

· Bid vir die produksiespan wat gereeld video's vir toerusting en uitreik vervaardig.

· Bid dat die Here die DVD's sal gebruik om duisende na Hom te trek.

· Bid dat die musiek-DVD's , CD-ROM's en -CD's nie net plesier sal verskaf nie, maar ook mense na Christus sal trek.

11. Goeie Nuus Media

GNM reik uit na mense wat nie lees nie. Hulle stel Christelike media op kasset en deur prente beskikbaar in reeds amper 6 000 tale wêreld­wyd, waarvan 246 in Suid-Afrika.

· Bid dat dié hulpmiddels by die mense sal uitkom wat dit nodig het.

· Bid vir die ontwikkeling en opneem van meer produkte.

· Bid dat nuwe bekeerlinge hierdeur geestelik sal groei en toegerus word.

· Bid vir die veiligheid van die opnemers wat onder moeilike omstandighede werk.

12. Internetbediening

Die internetbediening is tans betrokke by sewe webwerwe om die evangelie uit te dra en gelowiges op te bou.

www.bmedia.co.za

www.cmn.co.za

www.kruispad.co.za

www.crossroad.co.za

www.christene.co.za

www.clf.co.za

www.kerkbode.co.za

· Bid dat baie mense die antwoorde op hulle vrae by hierdie webwerwe sal kry.

· Bid dat gelowiges daardeur gehelp sal word om hulle geloof met ander te deel.

13. Ontwikkeling

Bybel-Media, GNM, Mema-Media en CLF se bedienings is alleen moontlik met die steun van duisende donateurs.

· Bid vir die Ontwikkelings-departement wat die fondse vir die werk moet vind.

· Dank die Here vir elke getroue donateur wat die werk moontlik maak.

· Bid dat die Here die nodige fondse sal voorsien vir alles wat Hy deur ons wil doen.

· Bid vir die nodige wysheid en noukeurigheid in die hantering van die donasies wat inkom.

· Bid dat die Here elke skrywer sal lei om te skryf volgens die behoefte van die lesers.

· Bid vir die redaksie- en publikasiespanne wat die boeke foutloos, mooi en effektief moet maak.

14. Administrasie

Al die verskillende maatskappye en bedienings in die Bybel-Mediagebou gebruik dieselfde infrastruktuur om kostes te bespaar.

· Bid vir elke personeellid wat sy of haar werk noukeurig moet doen.

· Bid dat hulle vreugde in hulle werk sal vind, al werk nie almal direk met die publiek nie.

· Bid vir die tegnologie wat die werk moontlik maak, dat dit betroubare diens sal gee.

Vir meer inligting oor enige van hierdie afdelings, skakel met:

Tel 021 864 8200 Vir bestellings: 0860-BMEDIA

Faks 021 864 8282

E-pos: [email protected]

Webwerf: http://www.bmedia.co.za