CMN
Andrew Murray Bybelskool Skool

Die  Skool

Die persoon wat hom tot groter diens aan die Here Jesus wil  bekwaam, staan vandag voor baie opsies. Van alle oorde klink die uitnodigings op, maar instansies staan op 'n spektrum wat wissel van droë akademie sonder  gees, tot oppervlakkige kitsopleiding sonder diepte. Die Andrew Murray Bybelskool se beproefde kursus tref sedert 1970 'n balans tussen teorie en praktyk, akademie en geestelike groei. Terwyl daar absolute toewyding is aan akademiese standaarde en leersuiwerheid, asook kennisname van die mees resente  teologiese ontwikkelinge, is die kursus gerig op die bedieningspraktyk en leer  dit die student onder andere Skrifuitleg, prediking, evangelisasie en pastorale  werk.

Die Andrew Murray Bybelskool is 'n skool van die Christelike Gereformeerde Teologiese Seminarium op die Oosrand, 'n instelling wat  interkerklike teologiese kursusse oor 'n wye spektrum aanbied. Dit behels graad-  en diplomakurusse en word aangebied deur dosente wat behoorlik gekwalifiseer en universitêr geakkrediteer en aangestel is. Die kursusse van die Andrew Murray  Bybelskool is dus akademies van 'n baie hoë standaard.

Die Seminaruim se  leerbasis is gereformeerd, met 'n evangeliese beklemtoning. Geestelike toewyding, prakties-werkbare Christenskap, sending en evangelisasie is alles  belangrike aspekte wat ook in die kursusse reflekteer. Die Seminarium bied sy kursusse ook in Engels aan.