CMN
Alfred & Belinda Paetzold betrokke

Wil jy by ons betrokke raak?

 

 Indien jy graag op 'n manier by ons wil betrokke raak, hier is 'n paar idees:

 

  • Ou klere projek: Ons benodig heelwat goeie ou klere vir ons ou klere projek. Jy kan vir ons help deur jou ou klere vir ons te stuur of selfs ou klere in jou omgewing bymekaar te maak en vir ons te stuur.
  •  

  • Zulu vertaling: Ek is betrokke by die vertaling van opleidingsmateriaal in Zulu (meer inligting). Jy kan 'n finansi�le bydrae maak om die vertaler en proefleser mee te betaal asook vir die drukwerk.
  •  

  • Handboeke: Jy kan een van die studente help om 'n handboek te koop vir die opleiding.
  •  

  • Nuusbrief: Indien jy graag ons nuusbrief elke twee maande wil ontvang, laat weet ons!
  •  

  • Voorbidding: Jy kan vir ons en die werk wat ons doen voorbidding doen. Kontak ons vir meer besonderhede.
  •  

  • Mosambiek Hub: Ons benodig hulp met die werk van die Mosambiek Hub. Die volgende drie behoeftes is baie groot op die oomblik:
    1. Data-ko�rdineerder: 'n Persoon met Access ondervinding wat kan help om die sendeling databasis te administreer.
    2. Sendeling Nuus-ko�rdineerder: Iemand wat met sendelinge sal kontak per epos en hul nuusbrokkies sal verwerk tot 'n bulletin wat maandeliks of weekliks uitgestuur word.
    3. Webwerf: Ons benodig iemand om te help met die opdatering van die webwerf.