CMN
Alfred & Belinda Paetzold wat

Wat Ons Doen...

 

 Alfred en Belinda is albei voltydse sendelinge, alhoewel Belinda se eerste prioriteit by die kinders l�. Hulle is tans met die volgende besig:

 

 

Kerkleier Opleiding in Masoyi

 Alfred se hoofbediening is die opleiding van kerkleiers in Masoyi. Baie van die kerkleiers in die gebied het min of geen teologiese opleiding nie. Die behoefte aan opleiding is baie groot in die gebied. Hy het tans twee groepe wat drie maal per week bymekaarkom.

 Die materiaal wat Alfred gebruik vir die opleiding is Building on Form Foundations. Dit is uitstekende materiaal en wat dit anders as die meeste ander materiaal maak, is die feit dat dit chronologies is. Een van die voordele is dat die Bybel se "storie" duidelik na vore kom en dat die Ou Testament se betekenis en doel verstaan word. Dit berei die grond voor vir die Nuwe Testament.

Taalleer - Swazi

 Om die opleiding effektief te kan doen, asook om waarlik met die mense te identifiseer, is dit nodig om hulle taal aan te leer. Alhoewel daar mense van baie verskillende kulture in Masoyi bly, is Swazi die algemene spreektaal. Swazi is baie n� aan Zulu, wat die mees algemene taal in Suid-Afrika is. Moenie dink dis sommer 'n eenvoudige taal nie! Nee, dis 'n baie gevorderde en gestruktureerde taal!

 Alfred is reeds sedert Januarie 2001 besig om die taal te leer en hy kan reeds 'n gesprek voer in die taal. Dit sal hom egter nog 'n rukkie neem voordat hy in Swazi sal kan klasgee of preek. Mosambiek Hub Logo

Mosambiek Hub

 Die Mosambiek Hub is 'n organisasie wat hom beywer om die mins-bereikte mensegroepe in Mosambiek met die Evangelie te bereik. Dit word gedoen deur die kort- en langtermyn sendlinge in Mosambiek te ondersteun asook om die werk meer onder kerke en individue se aandag te bring. Die Hub se funksie is meer fasiliteerend en ko�rdinerend van aard.

 Alfred is in 2001 as die voorsitter van die Hub verkies. Danksy vandag se tegnologie, word die meeste van die werk deur middel van epos en die Internet gedoen. Gaan kyk na die Mosambiek Hub se webwerf vir meer inligting.

 Testing of Your Faith seminar

 

Walk Thru the Bible (WTB)

 Belinda is 'n World Teacher (instrukteur vir WTB). Sy bied gereeld, so tussen ma-wees deur, WTB kursusse aan vir selgroepe, ASM studente, of enige belangstellendes. Naas die feit dat die WTB-materiaal vir hulle self tot groot se�n is, glo hulle dat di� Bybelonderrig vir enige Christen van waarde kan wees!


 

Ma & kind Bybelstudiegroep

 Belinda het 'n Bybelstudiegroep vir ma's en hul kinders een maal per week by ons huis. Daar is tans 4 ma's en 9 kinders. Die kinders is beslis in die meerderheid! Terwyl die kinders speel, doen die ma's Bybelstudie, maar dis nie noodwendig sonder onderbrekings nie! Hulle is tans besig met die WTB kursus "Die Gebed van Jabes".


 

Zulu Vertaling van Building on Firm Foundations

 Verder is Alfred ook betrokke by 'n vertalingsprojek om die Bybelonderrigmateriaal, Building on Firm Foundations, wat hy vir die kerkleieropleiding gebruik, in Zulu te vertaal. Hy doen nie self die vertaling nie, maar ko�rdineer die projek. Die oogmerk is om die materiaal reg deur Suid-Afrika beskikbaar te stel onder Zulu-sprekendes. Wat die metriaal uniek maak, is dat dit chronologies is, m.a.w. dit begin by Genesis en beweeg chronologies deur die Bybel.

Gemeente se Sendingkomitee

 Alfred is ook betrokke by die Witrivier gemeente se sendingkommittee.