CMN
Alfred & Belinda Paetzold waar

 Hulle bly en werk tussen Witrivier en Hazyview (die ou Kangwane). Masoyi is op die Numbi-hek pad en huisves tussen 150 000 en 200 000 mense.

 Die volgende foto gee 'n goeie oorsig oor die gebied met die kenmerkende Legogote, wat beteken: kop van die leeu. Dit lyk soos 'n leeu wat l� en na links kyk. Dit is 'n semi-landlike gebied. Die grootste probleme in die gebied is werkloosheid, armoede, misdaad, swak watervoorsiening en VIGS.