CMN
Alfred & Belinda Paetzold wie

 Alfred, gebore in 1967, het oorspronklik meganiese ingenieurswese studeer en vir 7 jaar as ingenieur by LIW in Pretoria gewerk. Hy het ook programmering studeer en vir 1 jaar by PPS in Johannesburg as programmeerder gewerk.

 Belinda is 'n fisioterapeut en het vir 6 jaar by Unitas Hospitaal, Kalafong Hospitaal asook haar eie praktyk gewerk.

  In 1997 het beide die Here se roeping vir voltydse sendingwerk ervaar. Na maande se bid daaroor, het die Here Sy roeping aan hul uit die Bybel bevestig. Hulle hul werke bedank en huis verkoop en na Witrivier vertrek om by Africa School of Missions opleiding te ontvang wat spesifiek op sending gerig is. Aanvanklik was die plan om slegs 1 jaar te studeer, maar reeds in April het die Here hul gelei om die volle 3 jaar kursus te voltooi.

 In hierdie tyd het die Here hulle voorberei, nie net akademies nie, maar veral ook hul karakters gevorm en geskaaf vir die taak wat voorl�. Die opleiding is nie net teologies nie, maar sluit heelwat vakke in wat daarop gerig is om 'n sendeling in 'n ander land en kultuur te help, bv. hoe om 'n taal aan te leer, hoe om in 'n ander kultuur aan te pas en die kultuur te ontleed en ook hoe om die Evangelie in 'n ander konteks oor te dra.

 Beide het saam gestudeer, maar in die middel van hul 2de jaar moes Belinda haar studies staak weens die aankoms van hul eersteling, Christiaan. Aan die einde van Alfred se derde jaar het Bernard ook sy verskyning gemaak. In September 2002 is ons derde seuntjie gebore, Stefan.

Christiaan Christiaan op 1 jaar

Bernard Bernard op 6 maande

Stefan Stefan op 4 maande