CMN
Alfred & Belinda Paetzold nuusbrief

November 2003

Liewe Vriende

 Hierdie keer is ek (Belinda) weer aan die woord.

 Die jaar is amper op 'n end en hierdie is seker die laaste nuusbrief van 2003! Soos elke jaar eindig hierdie een sekerlik soos jare maar eindig - alles op 'n dolle gallop! Om nie verder by te drae tot die "besigheid" van jaareinde nie het ons gedink om eerder 'n oomblik te vat en terug te kyk - en te sien hoe God gewerk, gesorg en voorsien het hierdie jaar.

 Ons is nou al ses jaar lank sendelinge in die Laeveld en kan net getuig dat die Here ons nog nooit in die steek gelaat het nie en nog nooit verlaat het nie. Ja, soms het Hy moeilike tye toegelaat, maar die waardevolle lesse en toetse sal ons nie wil verruil vir 'n gladde paadjie nie. Dis mos hoe ons groei!!

 Kom ons deel so 'n paar stories uit ons lewe. Stories oor 'n kar, 3 seuntjies, 'n rekenaar en lesse�

Ons Isuzu:
Ons het al vertel van hoe die Here voorsien het sodat ons 'n gesinsmotor kon koop en ons staan nou nog verstom! Elke keer as ek verby 'n gebruikte motor winkel ry dan word ek herinner aan God se goedheid. Ons het ons nuwe Isuzu nou al amper 5 maande en aan God die EER want ons kon al 40% van die lening afbetaal uit bykomende skenkings! Is die Here nie getrou nie?

C, B en S:
Ons drie seuntjies (4�, amper 3 en 1) het ons gou laat besef dat ons Bybelse wysheid nodig het om van hulle manne van God te maak! "Growing Kids God's Way" is juis so 'n praktiese kursus. Ons het halfpad deur die kursus dit "ge�rf" en onder Alfred se leierskap het tien van ons die kursus in September voltooi. Ons het menige lesse oor onsself, ons kinders en God se ideaal vir die gesin geleer. Ons dank aan God wat die kursus oor ons pad gebring het en vir die impak wat dit op ons gesin en lewens maak!

Rekenaar:
Nog 'n wonderwerk is "ons" rekenaar! Om te s� ons is daagliks van ons rekenaar afhanklik is amper te sag gestel! Vir byna 'n jaar het Alfred se jonger broer, Hans-Dieter, sy laptop vir ons geleen omdat hy ook 'n werksrekenaar gehad het. Verlede maand bel hy toe en vra vir Alfred om hom te help (advies gee) om 'n nuwe rekenaar te koop, dan kan ons maar die leen-rekenaar hou!! Dit is voorwaar 'n groot se�n en ons dank God dat Hy ook weet wat ons nodig het in hardeware!! Ons beleef regtig dat ons nie net God se werkers is nie, maar in die eerste plek Sy kosbare kinders.

Lesse:
Ek dink een of ander tyd leer die Here al Sy kinders die les oor beheer� Somtyds as 'n voltydse werker van die Here leer mens dit net vinniger en meer! Om regtig aan die Here die beheer van my lewe oor te gee is in teorie baie maklik, maar prakties kos dit baie. 'n Man het eenkeer opgemerk dat 'n sekere land se Christene regtig toegewyd (committed) is, maar n� positiewe reaksie op sy woorde s� hy toe: "Nee, hulle het die woord 'oorgegewe' met 'toegewyd' vervang." Met "toegewydheid" kan jy self nog in beheer bly, maar "oorgegewe" (surrender) is baie meer en 'n mens gee die beheer prys oor keuses in jou lewe. Wel, in kort is dit seker een van die grootste lesse vir my van hierdie jaar - "surrendered" ipv "committed"! Nie 'n maklike les nie, maar aan die Here die eer wat mens bystaan en liefdevol leer!

Jesus-kinders:
Nog iets waaroor ons baie dankbaar is, is die feit dat Christiaan en nou ook Bernard hulle lewens aan Jesus gegee het. Verlede jaar was dit Christiaan wat een oggend wakker geword en vreeslik gehuil het oor sy sonde. Nadat ek met hom gepraat het, het hy ges� hy weet net Jesus kan sy sonde wegvat en hy het toe self gebid en vegifnis gevra en ook dat Jesus die Koning van sy lewe sal wees.

 Verlede Dinsdag het Bernard met my gepraat oor God en s� toe uit sy eie dat almal sondaars is. Ek vra hom toe hoe kan ons ophou om sonde te doen of daarvan ontslae raak - sy antwoord was dat net Jesus dit kan doen. Net daar en dan bid hy toe ook en vra Jesus om sy sondes weg te vat en vra Hom om ook s� Koning te wees! Dank aan die Here en ook dat hy elkeen van ons Sy Gees gee om ons te lei en te leer.

 S� saam met ons dankie vir die Here se goedheid in 2003! Ons gee Hom die eer wat Hom alleen toekom! Mag jy 'n besonderse Christusfees beleef hierdie jaar!

 Baie liefde-groete

Alfred, Belinda, Christiaan, Bernard en Stefan