CMN
Alfred & Belinda Paetzold projekte

 Ons het tans drie projekte aan die gang:

 

 

Projek Nomsa:

 Belinda het vir 'n vroutjie van Masoyi geleer om vetkoeke te bak. 'n Selgroep van Witrivier het die eerste twee kere se bestanddele voorsien en siedaar, Nomsa se vetkoekpaleis het oopgemaak! Belinda wys vir haar hoe om boek te hou en van die wins eenkant te sit om weer bestanddele te koop. Sy het reeds 25kg meel se vetkoeke gebak en verkoop.

 

 

Projek George:

 George werk twee dae van die week in die groentetuin, waarvan ons hom vir een dag betaal. Ons het allerande riglyne vir groentetuine gekry en die instruksies word nougeset gevolg. Dieselfde selgroep van Witrivier het ook gehelp om hierdie projek aan die gang te kry. Hulle het saailinge, 'n tuinslang en heining voorsien. Behalwe vir die groente wat ons self uit die tuin gebruik, word alles verkoop om George se inkomste aan te vul. Hy begin ook 'n groentetuin by sy eie huis en wys weer vir ander hoe om dit te doen. 'n Deel van die wins word gebruik om nuwe saailinge of saad aan te koop.

 

 Projek Ou Klere:

 Die derde projek is om werklose mense te help deurdat hulle gebruikte klere by ons koop teen 'n baie lae prys en dit dan goedkoop verkoop. Sodoende help hulle hulself en die gemeenskap. As jy ou klere het vir hierdie projek, kontak ons gerus. Die geld wat ons dan daaruit maak, wil ons vir verdere projekte aanwend. Ons dank die Here vir die voorsiening vir hierdie projekete en gee Hom al die eer want arm mense wat dit brood nodig het word op die manier gehelp.